2022 se 1e dramaseisoen


Twee herdenkings, die wenners van verlede jaar se RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie, én die wenners van die eerste RSG – Nati Kwartkomediekompetisie kom aan die beurt.

Soos gebruiklik begin die seisoen met die wenners van Sanlam & RSG se Radiodramaskryfkompetisie.

Die veteraanregisseur, Johan Rademan het tydens vanjaar se eerste Oppiwater-kunstefees Albert Short se Die Nagbesoekers regstreeks voor ‘n gehoor opgeneem met onder meer Elma Potgieter in die rolverdeling.  Die drama word op 9 Junie uitgesaai.

Elsa Joubert

Die tweede viering van die seisoen is ter nagedagtenis aan Elsa Joubert wat vanjaar 100 jaar oud sou word.  Haar ikoniese Die swerfjare van Poppie Nongena is vir die radio verwerk deur Suzanne van Wijk.  In 2012 het Margot Luyt dit weer vir die radio opgevoer met onder meer Zenobia Kloppers, Christo Davis, Soswe Msuthu en Nic de Jager as verteller.  Hierdie argiefdrama word op 16 Junie, op Jeugdag, uitgesaai.

Die seisoen word afgesluit met die vier kwartkomedies wat in die eerste kompetisie as die wenners aangewys is. Die komedies is elk 15 minute lank en word as eenheid aangebied onder spelleiding van Johan Rademan.

 

Datum

Naam en skrywer

Regisseur

 7 Apr Die Vuurvliegdief, deur Madeleen Welman (Merieteprys)

Die liggies van ‘n menigte vuurvliegies

Frieda van den Heever
14 Apr Die dood van Bititi, deur Adriaan Havenga (Jong skrywer prys)

 Mari Snyman
15 Apr Paasdrama: Waarom Here?, deur Joey van Niekerk
 Ina Strydom
21 Apr Sterstof, deur Cecelia du Toit (Wetenskapfiksie)
Johan Rademan
28 Apr Naand, Josef, deur Albert Short (2e prys)
Renske Jacobs
5 Mei Kinders, deur Erica Harris (Wendrama)
Anrich Herbst
12 Mei Don Juan, deur Moliere

Moliere

Argief
19 Mei Die Magrietjie, deur Jenny Pieterse
Johny Klein
26 Mei Sondeseep, deur Susan Marais
Amor Tredoux
2 Junie Onvoltooid, deur Ayden Kruger
9 Junie Die Nagbesoekers, deur Albert Short en Boetie kom kuier deur Thomas van Niekerk

Johan Rademan
16 Junie Die Swerfjare vir Poppie Nongena, deur Elsa Joubert
Argief; Margot Luyt
23 Junie 4 Kwartkomedies Johan Rademan
Wenner: Hendrik se histerektomie, deur Ilne Fourie

2e prys: Die rare Jacobs, deur Melt Sieberhagen

Merietepryse

Eerbare intensies deur Benjamin Kock

Kamma spesiale vriende
deur Niel Steenkamp