Agendas se slot-episode vandag


Agendas se slot-episode is Dinsdag. Om net terug te loop op die spoor, lees verder.

Vanaf 1 Desember 2015 span die skrywer Joe Kleinhans en radiodrama regisseur Bettie Kemp weer kragte saam in RSG se nuwe spanningsvervolgverhaal, Agendas.

Dis spanning op sy beste, weeksdae 14:45.

Sewe individue se lewens, vol geheime, loop verweefd in ‘n mynveld vol spioenasiebedrywighede, onopgeloste moorde, gesogte Irma Stern-skilderye, flenter verhoudings en die ewige soeke na geluk en innerlike vervulling.

Reeds met die kenwysie – die gewilde Peter Gunn uitgevoer deur Henry Mancini en sy orkes – beland jy midde-in die spanningsreeks en beleef jy gebeure teen ‘n tempo saam met die karakters.
Agent Meyer Moerdyk word vertolk deur Anrich Herbst, Richard van der Westhuizen is Jasper de Jager, Isadora Verwey speel Mathilda van Wyk en Anton Dekker is hoofdirekteur Frank Lubbe. Ander spelers is: Sulette Thompson  (Debbie), Christine Vorendyk (Sandra) en Hendrien Martins (Ingrid).

Agendas span tydens opname, van links kloksgewys om die tafel: Anrich, Bettie, Christine, Isadora, Anton, Sulette, Richard, Hendrien

Agendas span tydens opname, regs van agter na voor: Anrich, Bettie, Christine, Isadora. Links van voor na agter: Anton, Sulette, Richard, Hendrien

Die tegniese span is Schalk Vorster en Evert Snyman junior.

Agendas tegniese span bespreek 'n volgende episode: Evert Snyman en Schalk Vorster

Agendas tegniese span bespreek ‘n volgende episode: Evert Snyman en Schalk Vorster

Bettie saam met die tegniese ghoeroes

Bettie saam met die tegniese ghoeroes

Moenie een episode misloop nie. Haal in of luister weer (want daar’s baie leidrade en gebeure) met die herhaling van die week se episodes in RSG se Omnibus, Maandae in Deurnag 3 tot 4 uur soggens.