Dinge oor Amanda wat jy nie geweet het nie


Hier is ‘n klein kykie agter die skerms na Amanda Olivier, gewilde aanbieder van Musiek Sonder Grense.

Amanda Olivier

Amanda Olivier

Noem 5 dinge oor jouself wat luisteraars nie noodwendig weet nie

  1. Kan nie sonder my powernap (middagslapie) nie
  2. Ek het kluisenaarsgene . . .
  3. Ek het ‘n intense verhouding met Prof Google
  4. Gek oor Egiptiese Dukkah
  5. Ek lag hard en baldadig

Noem die 3 soorte radio programme wat jy al aangebied het wat vir jou die beste herinneringe bring of die interessantste was of vir jou die meeste beteken het, en waarom.

  1. Inligtingsprogramme soos Wat sê die Dokter: Wat sê die Veearts en Wat sê die Prokureur omdat ek so baie daaruit geleer het.
  2. Kinderprogramme – Siembamba: Heerlik om met die kleintjies op hulle vlak te gesels. Hulle is so eerlik en opreg en hang aan jou lippe en teken die wonderlikste prentjies om hyulle waardering en liefde te toon.
  3. Musiekprogramme is ‘n fees en Musiek Sonder Grense is vir my ‘n ongelooflike ontdekkingsreis deur wêrelddele, verskillende genres, stemme en style.

Noem 3 dinge op jou ‘bucket list’ en waarom

  1. Om met ‘n motorhome deur Suid-Afrika en Namibie te ry en die stories agter . . . . en in mense op
    te spoor en dit te skryf of uit te saai op draadloos. Waarom? Ek het die vermoee om mense oor
    hulleself te laat praat en dit sal heerlike luister- en leesstof uitmaak.
  2. Om ‘n fado-vertoning in Lissabon mee te maak – want ‘n fado praat diep met my en ek wil die passievolle genre so graag eerstehands beleef . . .
  3. Die naaste wat ek nog aan Marokko gekom het is om ‘n elektriese Tagine hier plaaslik te koop maar die land se kookkuns, kleurryke materiale, lanterns en speserye fassineer my. Daai land Marokko sal ek graag nog wil besoek.

Groete!