Dowe ore


September is doofheid-bewustheidsmaand. As deel daarvan het die Kudustigting besluit om op gehoorprobleme onder kinders te fokus. Baie luisteraars sal onthou hoe hulle ore gereeld op skool getoets is. Deesdae gebeur dit selde, indien ooit. Statistiek toon dat tussen 7.5% en 19% van skoolgaande kinders ‘n sekere mate van gehoorverlies ervaar. Wêreldwyd ervaar 20% van mense gehoorverlies en die statistiek neem toe soos mense se ouderdom toeneem. Suzanne Paxton van ons aktualiteitsprogram Monitor was die Kudustigting se proefkonyn en sy het ‘n groot gedeelte van ‘n dag sogenaamd doof deurgegaan. Die doel van die veldtog is om mense wat kan hoor, die uitdagings wat mense met gehoorverlies daagliks ervaar, self eerstehands te laat ervaar. Hopelik skep dit bewustheid van en empatie met mense met ‘n gehoorverlies. .

Luister na die onderhoud met die  oudioloog Carmen Esterhuizen en Dr Dirk Koekemoer van die Emoyo Stigting.

Die oudioloog het Suzanne Paxton ‘doof’ gemaak om Doofheidsbewustheidsmaand te gedenk. Kyk na die video en foto’s.

 

FullSizeRender

FullSizeRender

FullSizeRender

FullSizeRender