Ettienne is mal oor sy avontuurlustige gesin

Ettienne is mal oor sy avontuurlustige gesin


Luisteraars hoor elke weekdag tussen twaalfuur en drie-uur Ettienne Ludik se vrolike stem as hy en Sue Pyler Middag op RSG aanbied. Julle het hom ook leer ken as die outjie wat fiks word vir ‘n fietstoer. Wie is Ettienne by die huis? Hy is getroud met Martie en die pa van twee woelige seuns, Endre (7) en Luken (amper 4).

Lees wat hy oor homself te vertel het:

Die gesegde lees, “Die liefde van ‘n familie is die lewe se grootste geskenk”, en ek kan getuig dat daai die waarheid is.

Ettienne en Martie met Endre (regs voor) en Lukan (links voor)

Ettienne en Martie met Endre (regs voor) en Lukan (links voor)

”Ek en Martie is oppad na 9 jaar se getroude lewe, hoewel ons mekaar reeds vir meer as 15 jaar ken. Sy is verreweg my beste vriend en vertroueling, en iemand wat my werk en doen en late verstaan.

Die vreemde ding is dat sy egter die DIY een in die huis is en nie ek nie. Die een keer dat ek met ‘n hamer probeer help het, het ek myself teen die kop geslaan – letterlik!

Kwaliteit tyd saam sluit enige iets in wat ons saam kan doen, al is dit net op die stoep sit met n glasie wyn en kyk hoe die seuns speel.

Ons is geseën met twee seuns, waarvan die oudste (Endre) sewe en die jongste (Luken) oppad na vier is. Hulle is bedrywige karakters wat mal is oor die buitelewe, en eerder vol stof en modder die huis sal binnekom as om ‘n dag voor ‘n rekenaarspeletjie deur te bring.

Endre saam met die van die sterree van Lord of the Dance

Endre saam met sterre van Lord of the Dance

Endre tydens die finale kompetisie vir jong klopdansers

Endre tydens ‘n klopdans kompetisie

endre-tap-finals-3

Klein maar getryn

Klein maar getryn

Verlede jaar het Endre die geleentheid gehad om saam met my te gaan toe ek die Lord of the Dance-toer onderhoude gedoen het, en daar het die Ierse klopdansgogga hom gebyt. Hy hou vol dat hy die volgende Michael Flatley gaan wees! Hy het in September vanjaar ‘n goue prestasie losgeklop by die Roodepoort Dansfees.

Kyk net hoe flink klop Endre se voetjies:

Hy is ook aktief buite sy dans. Hy neem deel aan atletiek en tennis by sy skool, en geniet sokker en rugby saam met sy vriende. Sy akademiese prestasies sorg ook vir baie trots in die huishouding. Hy is een van slegs 3 in sy Graag 1-groep wat met sy jongste rapport vir alles 7s gekry het.

Hoewel Luken die moeilikheidmaker (op ‘n goeie manier) is, is hy wel ‘n bondel vreugde wat mal daaroor is om saam my sy broer te speel, maak nie wat die speletjie is nie. Gegeurde melk, koekies, koeldrank en kindwees is wel nog die hoogste op sy lys!

Die seuns by die magalodon-haaikop.

Die seuns by die magalodon-haaikop.

Ons is ‘n impulsiewe gesin, wat hou van die ongewone. Elke dag is ‘n avontuur en ‘n nuwe geleentheid. Ons deel mekaar se vreugde en hartseer en staan saam as ‘n eenheid. Ons vreugde weerspieel ons leefstyl.

Die Ludiks by ‘n WWE geleentheid.

Die Ludiks by ‘n WWE geleentheid.

Ettienne is ook aan die fiksword vir ‘n fietstoer. Klik hier vir meer inligting.