RSG se Priscilla, Queen of the Desert!


Met al die woelinge op topvlak by die SAUK, moet mens sekerlik nie verbaas wees as lede van RSG dinge agter die skerms doen om te ontsnap van die druk en spanninge nie. Of hoe?

Stasiebestuurder Magdaleen Kruger kon nie help om te deel in in die pret en vrolikheid toe sy die musiekblyspel Priscilla Queen of the Desert in Johannesburg bygewoon het nie. Dit het bietjie oorreding gekos om haar toestemming te kry om die foto te plaas, maar sy gaan uit haar pad om haar luisteraars gelukkig te hou.

(Nee, ons weet nie wie se lyf dit is nie!, maar kyk hoe loer sy vir my!)