Hie sittie manne


Drie manne hou ‘n braai om saam na ‘n rugbytoets te kyk.

Altyd gewonder waaroor manne om ‘n vuur gesels? Hul vrouens? Ander vrouens? Werk? Seks?

Dit lyk na ‘n normale Saterdagmiddag tussen vriende, maar dan begin die wiele stadig afkom.

Die manne rafel uit, hulle bieg en vertel mekaar goed wat niemand mag weet nie.

Die jare lange vriende raak weerloos eerlik.

En om alles te kroon, daag Ronel op om dinge nog meer deurmekaar te krap.

‘n Dronk man se woorde is n sober man se gedagtes, of hoe?

Ervaar deernis, humor en patos in ‘n ontboeseming van manne wat self gebraai word, gebeukte biefstukke van die tyd.

Die perfekte trio:  Een ou moet braai, die ander moet sê hoe hy moet braai en die derde moet genoeg drink om te besluit wie’s reg

Rolverdeling van die radiodrama deur Leon Kruger:

Armand   –  Waldemar Schultz

Sakkie      –  Deon Lotz

Ben          –   Leon Kruger

Regie       –   Johan Rademan

 Luister na ‘n klankgreep van die radioteater:

Jis kêrels, nou braai ons lekker!

Deon Lotz, Waldemar Schultz en Leon Kruger warm op vir "Hie sittie manne"

Deon Lotz, Waldemar Schultz en Leon Kruger warm op vir “Hie sittie manne”

Regisseur, Johan Rademan(voor) skrum 'n bietjie saam met die akteurs Deon Lotz, Waldemar Schultz en Leon Kruger(akteur en skrywer) tydens rsg.co.za se opname van Radioteater vir Donderdagaand 4 Junie om 20h00.

Regisseur, Johan Rademan(voor) skrum ‘n bietjie saam met die akteurs Deon Lotz, Waldemar Schultz en Leon Kruger(akteur en skrywer) tydens rsg.co.za se opname van Radioteater vir Donderdagaand 4 Junie om 20h00.

Cassi Lowers (produksie-regisseur) geniet 'n brekie saam met die akteurs van "Hie sittie manne" Deon Lotz, Waldemar Schultz en Leon Kruger, tydens die opname van RSG se radioteater vir Donderdagaand 4 Junie om 20h00.

Cassi Lowers (produksie-regisseur) geniet ‘n brekie saam met die akteurs van “Hie sittie manne” Deon Lotz, Waldemar Schultz en Leon Kruger, tydens die opname van RSG se radioteater vir Donderdagaand 4 Junie om 20h00.