Jacqui word ouma!


RSG-omroeper Jacqui January het onlangs vir die eerste keer ouma geword van ‘n pragtige babadogtertjie. Dit is Jacqui se oudste dogter se baba.

ouma2

Lees hier hoe Jacqui oor hierdie nuwe rigting in haar lewe voel…

 

‘n  Oomblik van groot ontwaking na 40 weke en 3 dae

Lank gewag verwag  en toe Oorweldigend emosioneel

Sit ek daar twee hande vol – die geskenk van lewe

Pasgebore tasbare liefde

Eers stom en toe begin ek bid, uit die hart

Oor my lippe met klemme wat val

Op die wôôrde net sôs uit my

Namakwaland-moeder-tong

“Osse Vader, wat in die Heemil is…”

 

Sarah-Joy January Wright

Ons eerste kleintjind

Gebore, Gesond, Geseënd

Meer as ‘n geskenk van God

‘n Voorreg

Om weer te kan speel en leer en kind-wees

Om onvoorwaardelik net lief te hê

Om ‘n nuwe mamma en pappa

Se verligting en verliefdheid te aanskou

Nuwe lewe vir ons gesin

‘n Geskenk vir baie onbeskore

Ouma Jacqui

Ouma Jacqui