Kyknet kom kyk hoe maak ons ‘n radiovervolgverhaal


Daar was die Du Plooy’s van Soetsmelksvlei, Wolwedans in die skemer, Stralerjakkers, Blinkwater en ‘n hele kaboedel enkeldramas wat dekades lank luisteraars op Afrikaanse radio vasgenael gehou het voor hul draadlose. Vandag is dit nie anders nie. Duisende mense skakel steeds in op RSG om na hul gunsteling radio-vervolgverhaal te luister of op Donderdag-aande na die radiodrama. Die Prontuit-span het gaan uitvind hoe word die stukke luistergenot aanmekaar gesit.

Prontuit: Segment 2 – Radiodramas, Heuningbos
Radiovervolgverhale en radiodramas is so oud soos die radio self en word toenemend gewild onder luisteraars. Ons het gaan inloer by RSG en gesien hoe word Heuningbos, die vervolgverhaal wat op die oomblik uitgesaai word, opgeneem.

Prontuit: Segment 3 – Radiodramas, Gesigseinders
Baie van RSG se radiodramas en vervolgverhale word in Kaapstad opgeneem. Ons het gaan kyk hoe word Gesigeinders, ‘n drama wat eersdaags uitgesaai word, opgeneem.