Ons nuwe Middag op RSG: luisteraars hou daarvan


Die S&E show kry stadigaan sy lê……..en luisteraars hou daarvan!

Middag op RSG het van 13 April af ‘n nuwe baadjie gekry en te oordeel aan die luisteraarsreaksie, werk dit vir julle en ons kry goeie terugvoer van luisteraars. Sue Pyler en Ettienne Ludick se energie en passie vir Middag op RSG is aansteeklik hier in die gange en ateljee by RSG. Ons bly skaaf aan die skof, totdat dit ‘n knus lêplek gekry het.

Die petite Sue Pyler en Ettienne Ludick se energie in ons nuwe Middag op RSG is aansteeklik.

Die petite Sue Pyler en Ettienne Ludick se energie in ons nuwe Middag op RSG is aansteeklik.

Ja, daar is luisteraars wat die inbelprogram Loslip mis, maar jy kan steeds jou sê sê op ????? en daar is ook soms geleenthede om in te bel oor iets. Vrydae veral sal jy kans kry om jou sê te sê oor nuusgebeure en ander aktuele dinge van die week.

Middag op RSG is daarop gemik om brokkies nuus en onderhoude oor tegnologie, vermaak en ekstreme aktiwiteite vir jou aan te bied met heelwat musiek tussen-in. Sue en Ettienne kyk ook na wat gons elke dag op sosiale media, watter video’s gewild is en hoe tegnologie ons lewe makliker kan maak.

Die skof tussen 12 en 3 het nou twee op-en-wakker jong aanbieders aan die stuur.

Die skof tussen 12 en 3 het nou twee op-en-wakker jong aanbieders aan die stuur.

Sue Pyler, RSG se selfie-koningin
Daar gaan nie ‘n dag verby sonder dat sy ‘n klomp selfies neem en versprei nie. Waar ander vroue se belangrikste item in die handsak ‘n lipstiffie is, is haar selfiestok die belangrikste item in haar handsak. Sue vertel: “Ek is nog ‘n nuweling in die groot stad, maar vind gou my voete in my meer as veertig pare hoëhakskoene. Ek is lief vir praat, so om dit tussen 12 en 3 elke dag te doen, is alles behalwe ‘n straf. Wat wel ‘n straf is, is daardie moeilike name in sommige nuusboeletiens! Behalwe vir baie praat is dit ook moeilik om in my stoel te bly sit as daar lekker musiek speel. Dis maar wat ons dansers doen as ons musiek hoor. Dis nog net Ettienne wat nou moet leer van 5,6,7,8. Hy kry so nou en dan ‘n les in die ateljee. Met ‘n drama-graad agter die rug moet my lewe ook bietjie dramaties wees, so af en toe, so die aktrize in my moet soms na vore kom”.

IMG_3534

IMG_3268