Só word nuusboeletien gebore


‘n Nuweling het haar pas by die Afrikaanse RSG-nuuslessenaar aangesluit.  Sy is Annelene Moses en kom oorspronklik van die Kaap af. Annelene het al by verskeie gedrukte media gewerk en was tot einde verlede maand die assistent-redakteur van die ATKV-tydskrif Taalgenoot.

Andelene Moses, nuwe nuusskrywer (regs)  saam met Helena van Vuuren, die Nasionale Boeletienredakteur van RSG in die RSG-ateljee.

Andelene Moses, nuwe nuusskrywer (regs) saam met Helena van Vuuren, nasionale boeletienredakteur van RSG, in die RSG-ateljee.

Maar kom ons vertel sommer hoe werk dit agter die skerms wanneer ‘n nuusboeletien saagestel word:

Stap 1: Nuusboeletien word geskryf
Die mense wat verantwoordelik is vir die skryf van elke nuusberig op RSG, is die Afrikaanse nuuslessenaar.  Hulle kry die nuus uit al die provinsies van die SAUK se nuusverslaggewers af.  Nuus kom ook van ander nuusagentskappe,  hulle hou bronne soos twitter, facebook en BBC dop  en kry ook wenke van die publiek.  Alle inligting word egter deeglik nagegaan en geverifieer om seker te maak dat dit eg en betroubaar is.

Nuusskrywers aan die werk by die Afrikaanse nuuslessenaar

Nuusskrywers aan die werk by die Afrikaanse nuuslessenaar

Stap 2: Nuus word in Engels in die SABC se rekenaarstelsels ingevoer.
Redakteurs gaan al die inligting en berigte na en voer dit dan in die nuusrekenaarstelsel.  Alles word in Engels ingevoer.

Stap 3: Dit word na die taallessenaars gestuur
Dan gaan dit na die onderskeie tale se nuuslessenaars, wat die berigte vertaal, versorg en in ‘n nuusboeletien saamvat.

Stap 4: Die taalversorgers stuur dit na die RSG uitsaai-ateljee
RSG se nuusboeletiens word dan na die RSG-uitsaai-ateljee gestuur,

Stap 5: Die nuusleser druk dit uit, en maak notas
Die uitsaai-ateljee ontvang die nuusboeletien en druk dit uit, sodat die nuuslesers kan voorberei en hulle merkers op die boeletiens kan aanbring.

Ettienne Ludick merk een van die berigte vir sy nuusleesskof

Ettienne Ludick merk een van die berigte vir sy nuusleesskof

IMG_2655

Ettienne Ludick en Sue Pyler berei voor vir die nuusleesskof