Só voel ware vryheid – Martelize oor haar ervaring in Namibië


Deur Martelize Brink, ná haar besoek aan Namibië in Februarie.

Vir die eerste keer in my lewe het ek uitgevind hoe ware vryheid voel.  Dit is iets waarna ons almal streef.  Ons spandeer derduisende rande op hulpmiddels vir stress en luukshede om ons te laat beter voel oor die uitdagings van die dag.  Vier dae in die Namib-woestyn het soos ‘n vakansie van drie weke gevoel.  Geen selfoon-opvangs.  Geen druk.  Geen verwagtinge. Die eenvoudige ervaring van die wonderlike natuur in die Namib-woestyn.

Ek het met Live the Journey deur die woestyn getoer en twee Britse atlete gevolg in hul poging om die eerste mense te wees wat van Luderitz na Walvisbaai hardloop: 500 km in 8 dae! Hulle het die uitdaging suksesvol voltooi.

Op die roete het ons die interessantste mense ontmoet. Van die Topnaars tot plaaslike mense wat hul lewens heeltemal verander het om daardie geluk wat almal na streef te vind.  Ons het ‘n toer van die myndorpies en skeepswrakke ervaar, in 4×4 voertuie die hoogste duine en die oudste woestyn in die wêreld aangedurf, die asemrowende Namib sonsondergange beleef en saans langs die see op die pragtige kus of tussen duine oornag terwyl die robbe nuuskierig in die water voor ons baljaar.

Martelize Brink en Hanlie Retief van Rapport saam in die Namib.

Martelize Brink en Hanlie Retief van Rapport saam in die Namib.

10847769_10155144341120307_7588485859232423601_n-1

‘n Mens kan net met laagwater die roete al met Skedelkus langs aanpak. Die gaping tussen die see en die steil duine is net met laagwater breed genoeg vir voertuie. Menige voertuie is al hier deur die gety oorval.

 

image copy 5

Die twee Skotse hardlopers/avonturiers was soos skimme in die woestyn. Hulle het hul tog suksesvol voltooi.

Nog interessanthede van die reis

  • Natuurlik het Marelize-hulle se voertuig een maal vasgeval. Só is hulle uitgesleep. Dit was gelukkig nie langs die Skedelkus nie.
  • Só het die Skotse koerante oor die twee hardlopende Skotte berig.
  • Luister na Martelize se programme waarin sy haar Namibië-eravaring met luisteraars deel en vertel hoe die twee Skotte vorder.
    Deel 1.
    Deel 2.
    Deel 3.
    Deel 4.
    Deel 5.