Al 13 gered uit Thailand-grot


Dinsdag 14:00 SA Tyd – Al 12 seuns en hul afrigter is uit die grot in Thailand gered. Negentien duikers is vanoggend terug in die grotstelsel om die redding te hervat. Dit blyk dat die jongste seun, 11, en die afrigter, laaste gered is. Die grot was op plekke skaars 30 cm breed.

Voorts is die eerste vier seuns wat Sondag gered is, deur ‘n glasvenster met hul ouers herenig, en die tweede groep wat gister (Maandag) gered is, sal waarskynlik binnekort met hul familie herenig word. Slegs twee van die eerste 8 seuns wat gered is, het geringe longinfeksie, maar almal dra sonbrille om hulle oë gewoond te maak aan lig nadat hulle twee weke in byna volkome donker spandeer het. Hulle word ook weerhou van TV, sodat dit nie hulle gemoedstoestand kan benadeel nie, en kry net verdunde kos sodat hulle spysverteringstelsels nie omgekrap word nie. Hulle sal minstens 7 dae in die hospitaal bly.

Die reddingspoging gister het 9 ure geduur, en Sondag het dit 11 ure geduur.

Kyk na die insiggewende interaktiewe kaart van die grot en die reddingspoging:
https://www.nytimes.com/interactive/2018/07/06/world/asia/thai-cave-rescue.html

Lees meer: https://www.theguardian.com/news/live/2018/jul/10/thai-cave-rescue-third-mission-planned-to-bring-out-remaining-boys-and-coach-live-updates

Volg die aankondigings van die Thai Navy Seals op hul facebook-bladsy: https://web.facebook.com/ThaiSEAL/?_rdc=1&_rdr

Maandag 14:33 SA tyd: Die agtste seun is volgens berigte uit ‘n grotnetwerk in Thailand gered. Dit volg nadat die reddingspogings vanoggend vir die oorblywende agt seuns en hul sokkerafrigter hervat is. Gister is vier seuns gered en in `n plaaslike hospitaal opgeneem. Hulle word voorlopig van hul familie weggehou weens die gevaar van infeksies. Bykomende duikers is vandag ingespan om die vyfde, sesde, sewende en agtste seuns na veiligheid te bring. Die reddingspoging is omstreeks 16:00 SA tyd gestaak en sal môre-oggend (Dinsdag) hervat word.

Die reddingspogings vir die agt oorblywende seuns en hul sokkerafrigter wat in die Thailandse grotte vasgekeer is, is vanoggend hervat. Meer duikers as gister word ingespan om hulle na veiligheid te bring. Vier van die vasgekeerder seuns is gister na die opervlakte gebring en in `n plaaslike hospitaal opgeneem.

Kyk hier na ‘n tydlyn van die redding Maandag: https://www.theguardian.com/world/live/2018/jul/09/thai-cave-rescue-resumes-to-free-eight-boys-and-coach-still-trapped-latest-news

Lees meer:

New York Times – berig oor die grot redding

https://edition.cnn.com/specials/latest-news-videos

Nog illustrasies