SA joernaliste, etiek en fopnuus


Die Sunday Times Sondagkoerant het in gister se uitgawe erken dat hy vals berigte geplaas het oor moorde in Cato Manor by Durban, ‘n geheime ondersoekeenheid in die Inkomstediens, en die deportasie van Zimbabwiërs. Die koerant het om verskoning gevra en ingestem om die prysgeld terug te gee wat met toekennings vir dié berigte gewen is. Ons praat nou verder hieroor met die veteraan-joernalis, skrywer en politieke kommentator Max du Preez.

Luister ook:
Vrydag 19 Oktober 2018: Fopnuus en joernalistieke etiek

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het gemaan dat die Sunday Times-sage ‘n les vir elke joernalis en redakteur inhou. Het fopnuus ‘n gerieflike rookskerm vir agendas geword wat politici en joernaliste misbruik?