Korrupsie kan tot belasting boikot lei


Maandag 13 November 2017

‘n Korrupsievoos burgery kan volgens kenners binnekort hul belasting van die staat weerhou. Daar gaan nie meer ‘n dag verby dat senior staatsamptenare en regeringslui aan die kaak gestel word nie. Dit lei tot ‘n burgery wat al hoe meer gefrustreerd raak en dreig om tot ‘n belastingboikot oor te gaan.