KPMG verloor nog kliënte weens hul Gupta-bande


Die ouditeursfirma KPMG het nog ‘n terugslag gekry. Die Instituut vir Direkteure het aangekondig dat hulle alle samewerking met die firma verbreek. Dit volg na verdoemende getuienis in die Gupta-eposse in Junie dat die firma betrokke was by die gebruik van staatsgeld om die Gupta-troue in 2013 by Sun City te betaal. Boonop was die firma glo ook betrokke by die sogenaamde klandestiene ondersoekeenheid van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens waarby voormalige finansminister Pravin Gordhan ook geimpliseer word. Dit het daartoe gelei dat die uitvoerende hoof van Sygnia, Magda Wiercyzka, die firma die trekpas as ouditeure gegee het. Dit het tot ‘n heftige gesprek oor korrupsie in Suid-Afrika gelei en ons het aan Wiercyzka gevra wat haar siening is oor korrupsie.