Die moontlike Zuma-eindes


Monito: Vrydag 9 Februarie 2018

Politieke waarnemers kou aan verskillende scenarios wat gevolg kan word om van pres. Jacob Zuma as staatshoof ontslae te raak. Heindrich Wyngaard het hieroor met ‘n beleids- en politieke analis van die Noordwes-universiteit se Besigheidskool, Theo Venter, gepraat.

Praat Saam: Donderdag 8 Februarie 2018

‘n Opname waarin Paul Mashatile, die tesouriergeneraal van ANC, praat van planne om die president Jacob Zuma die trekpas te gee, is in die openbare domein, en wys die erns om die era van president Zuma af te sluit. Hoe raak die politieke onsekerhede binne die ANC, Suid-Afrika?