Ly ons aan slagoffer-sindroom?


Voel jy onderdruk en soos ‘n slagoffer in jou gemeenskap/samelewing, vra Lynette Francis in Praat Saam (Woensdag 4 Julie 2018)

Sy vra die vraag na aanleiding van Max Du Preez se onlangse twiet dat Suid-Afrikansers ‘n nasie van slagoffers geword het, wat verteer word deur selfbejammering. Hy sê die gemene deler is dat ons aan ‘n kollektiewe slagoffersindroom ly.