Matriekuitslae nie so wonderlik nie


Monitor: Vrydag 5 Januarie 2018

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het aangekondig dat 75,1% van die 2017 matriekklas geslaag het, wat ‘n bietjie hoër is as 2016. Maar hoe goed is die uitslae? ‘n Opvoedkundige Sielkundige aan die Universiteit van Pretoria, professor Kobus Maree en ’n dosent van die Departement van Kinder Opvoeding aan die Universiteit van Johannesburg, Francios Naude gee hulle indrukke oor die uitslae.