Megaboer optimisties oor grondhervorming


In Julie vanjaar het die voorsitter van die Sernick Groep en die Vrystaatse 2016 Boer van die Jaar, Nic Serfontein, ‘n pleidooi aan President Cyril Ramaphosa gerig om kommersiële boere te betrek by sy planne vir grondhervorming. Die gevolg was dat Ramaphosa hom betrek het by ‘n paneel van net tien raadgewers oor hervorming. In sy ope brief aan Ramaphosa wat goeie vrug vir hom gedra het, skryf Serfontein: “My motivering vir die skrywe van die brief is nie vrees om my plaas te verloor nie, maar dat ek oor die afgelope drie jaar eerstehands ervaar het watter hel opkomende boere deurgaan weens die feit dat hulle oor die afgelope 24 jaar deur die regering versaak is.” Nic was ook vanoggend Monitor se ateljeegas…..