Tito Mboweni is nuwe Minister van Finansies


Tito Mboweni

Pres. Cyril Ramaphosa het vanmiddag om 16:45 mnr. Tito Mboweni, voormalige goewerneur van die Reserwebank, met onmiddellike effek as nuwe Minister van Finansies aangestel.
Pres Ramaphosa het op ‘n spesiale mediakonferensie aangekondig dat hy Nene se bedanking aanvaar het.

Lees meer oor Tito Mboweni.

Dinsdag 9 Oktober 2018

Politici en ekonome moedig president Cyril Ramaphosa aan om die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, se versoek om te bedank te aanvaar. Nene het voor die Zondo-kommissie oor staatskaping getuig, en dit het aan die lig gekom dat hy tussen 2010 en 2014 verskeie kere met die Gupta-familie vergader het terwyl hy die adjunkminister en later die minister was. Wat sê die onthullings en getuienis oor staatskaping oor die vlak van etiese leierskap in Suid-Afrika?