Ashwin-sage: Het dit met meerwaardigheid te doen?


Monitor, Dinsdag 22 Mei 2018. – Die herrie rondom die voormalige Sprinkbokvleuel Ashwin Willemse het wye reaksie uitgelok. Willemse wat Saterdagaand tydens ‘n regstreekse uitsending uit die Supersport-ateljee gestap het na ‘n oënskynlike bekgeveg met sy medeaanbieders, Nick Mallet en Naas Botha, is grootliks in bruin en swart geledere, verwelkom.
Die vraag is, wat het veral bruinmense aanklank laat vind by Willemse se optrede? Is die onderliggende kwessies: Transformasie, erkenning en respek in rugby of die werkplek of vervreemding op grond van Suid-Afrika se rasse-geskiedenis?
Heinrich Wyngaard, joernalis en medeskrywer van Ashwin Willemse se outobiografie, Rugby Changed My World: The Ashwin Willemse Story, Echbert Boezak, adjunk-nuusredakteur van eNuus en Bettina Wyngaard, ‘n skrywer en sosiale kommentator is op die paneel…