Wat wys navorsing oor Bell Pottinger-optrede in Oakbay-kontrak?


Die werk wat die internasionale skakelmaatskappy Bell Pottinger vir die Gupta-familie se Oakbay firma in Suid Afrika gedoen het, het ‘n opskudding veroorsaak in die skakelwese professie. Die professie ondersoek nou of ‘n Etiese Kode nodig is. Die Internasionale regsfirma, Herbert Smith Freehills, het bevind dat Bell Pottinger se optrede Suid-Afrika potensieel langs rasselyne kon verdeel. Bell Pottinger is vir 5 jaar uit die Britse Openbare betrekkinge en Kommunikasie Vereniging (PRCA) geskors, terwyl die uitvoerende hoof, James Henderson bedank het. Daar is verlede week berig dat Bell Pottinger moontlik vandeesweek onder administrasie geplaas kan word. Instussen het Bell Pottinger se firma in Asië Vrydag aangekondig dat hy gaan wegbreek van die moedermaatskappy. Die departement van Strategiese Kommunikasie by die Universiteit Johannesburg het navorsing gedoen oor Bell Pottinger se optrede in die Oakbay-kontrak, en by ons in die ateljee is Clarissa Muir, ‘n dosent wat deel was van die navorsing…

Lees en luister ook:

Die Britse skakelmaatskappy, Bell Pottinger, is te koop na ‘n reeks terugslae weens die werk wat die maatskappy vir die Gupta-familie gedoen het. Die maatskappy het tientalle groot kliënte verloor na hul skorsing uit Brittanje se Vereniging vir Skakel- en Kommunikasiemaatskappye. Die vereniging het verlede maand ten gunste van DA beslis dat die maatskappy rasseverdeling in Suid-Afrika aangeblaas het. Die bankgroep, HSBC, die beleggingsmaatskappy, Investec, en die maatskappy Richemont – wat luukse ware verkoop – is van die maatskappye wat Bell Pottinger se dienste beëindig het. ‘n Rekenmeestersmaatskappy is aangestel om die beplande verkoop te hanteer.

Die Britse Vereniging vir Skakelwese en Kommunikasie, die PRCA, se skorsing van die Britse skakelmaatskappy, Bell Pottinger is die eerste van sy soort in die Vereniging se geskiedenis. Bell Pottinger se lidmaatskap is vir vyf jaar opgehef. Die hoof van etieke prosesse by die PRCA, Nichloas Dunn-McAfee sê Bell Pottinger se optrede kan beteken dat maatskappy sy deure sluit.