Geen gloukoom-druppels in Noord-Kaap klinieke


Gesondheidsfasiliteite in die Noord-Kaap het nie oogdruppels in voorraad vir gloukoomlyers nie. Pasiënte het glo sedert Julie nog geen oogdruppels ontvang nie. Gloukoom kom voor wanneer vloeistowwe in die oog opbou en die oogsenuwee beskadig. Indien dit nie behandel word nie, kan ‘n persoon blind raak. Neo Bodumela berig.