OB verdedig ontmoeting met Zuma vóór haar omstrede verslag


Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het haar ontmoetings met die Presidensie en die staatsveiligheidsagentskap, tydens haar ondersoek na die Bankorp-kwessie, verdedig. Die Reserwebank beskuldig advokaat Mkhwebane daarvan dat sy met dié instansies saamgespan het, om die gesag van die bank te ondermyn. Die bewering is vervat in ‘n beëdigde verklaring wat by die Noord-Gautengse Hooggregshof ingedien is.