Vroue in die tronk


Die Monitor uitsending van 17 Augustus 2017 oor ‘n ons tronkbevolking het RSG luisters se verbeelding aangegryp. Indien jy dit gemis het is dit die moeite werd om op te soek deur die skakels hieronder.

Augustus het die afgelope paar jaar sinoniem met vrouestories geword. Hoewel die media allerlei aspekte rakend vroue belig, is daar een sektor van die samelewing wat min aandag kry – die vroue in tronke. Tans sit 4,174 vroue in die land agter tralies. Drie vroue in die Bethal maksimum gevangenis in Mpumalanga het hulle stories met Anita Visser gedeel.