50/50 aanbieder Johann Botha doodgeskiet


Die aanbieder van die natuurprogram 50/50 en voormalige RSG-omroeper, Johann Botha (foto links), is gisteraand by ‘n kuierplek in Jeppestown in Johannesburg doodgeskiet.

Die eienaar van die Zebra Inn, Swazi Werner (foto regs), het ook tydens die gewapende rooftog gesterf.

Die Zebra Inn, Albertina Sisulu Straat, Jeppestown.

Die aanbieder van die natuurprogram 50/50 en voormalige RSG-omroeper, Johann Botha, het tussenbeide probeer tree toe hy en ‘n vriend doodgeskiet is tydens ‘n gewapende rooftog in Johannesburg.

‘n Polisiewoordvoerder, Richard Monyai, sê die rowers het gister net na sewe by die Zebra Inn in Jeppestown ingestap en hulleself as klante voorgedoen. Die verdagtes het eers gesit en kuier waarna hulle vuurwapens uitgepluk en op die eienaar gerig het. Monyai sê hulle het met ‘n onbekende bedrag geld gevlug.

Dit blyk dat die rowers drie mans en ‘n vrou is.

Botha was tydens sy loopbaan by RSG veral gewild vanweë sy wye musiekkennis. Hy het tienermusiek en operaprogramme aangebied.

Botha het die afgelope tyd op Sondagaandae ‘n program op Pretoria FM aangebied.

Johan Botha (regs). Foto: Facebook