Zombie-dwelm, Flakka, tref SA


Woensdag 8 November 2017

‘n Nuwe soort dwelm, bekend as Flakka, met gebruikers hoofsaaklik in Amerika en Australië, het nou ook in Suid-Afrika opgeduik. ‘n Aantal gevalle van histerie en selfs geweld in Durban in KwaZulu-Natal is aangemeld weens die gebruik van Flakka.

Flakka staan ook bekend as die zombie-dwelm, of badsout-dwelm. Dis ‘n dwelmmiddel wat die amfetamien en dopamienvlakke in die brein verhoog. Dis soortgelyk aan Tik, Ecstacy, maar goedkoper, en gevaarliker. Dit lei tot gewelddadige gedrag, histerie, gebruikers raak paranoïes en psigoties. Hulle skree op spoke wat net hulle sien, hulle hardloop kaal in die verkeer, klim op lere waar hulle kan afval, pleeg selfmoord, self-mutileer, breek alles om hulle, en raak baie gewelddadig en gevaarlik teenoor ander mense.

Dié video wys hoe mense op Flakka optree:

Dié dokter verduidelik hoe Flakka werk en waarom dit so gevaarlik is:

Lees meer ek kyk na die video wat die effekte van Flakka is.