Oprah lewer roerende toespraak by Golden Globes


Oprah Winfrey het nie doekies omgedraai in haar toespraak by die 75ste Golden Globe-toekenningsgeleentheid in Beverly Hills, Kalifornië, nie. Sy is die eerste swart vrou wat met die Cecil B deMille Leeftyd-toekenning bekroon is. Winfrey het in ‘n sterk-bewoorde toespraak gesê dat vroue té lank nie geglo is of hulle stemme nie gehoor is as hulle teen mans in magsposisies wat hulle misbruik het, opgestaan het nie, maar dat dié mans se tyd nou verstreke is. ‘n Nuwe dag is aan die breek omdat baie fenominale vroue, en mans, veg sodat daar nie weer in die toekoms ‘n ‘Me Too’ veldtog nodig is nie.

Om jou waarheid te praat, is die magtigste wapen wat jy het, het sy gesê.

Winfrey se toespraak het die ander wenners van die aand oorskadu.

Hier is sy op die verhoog en lewer haar toespraak:

Hier is ‘n video van die media-sessie ná haar toespraak:

Lees meer:

https://www.theguardian.com/film/2018/jan/07/oprah-winfrey-speech-lifetime-achievement-golden-globes

http://ewn.co.za/2018/01/08/oprah-winfrey-gives-stirring-speech-after-receiving-award-at-golden-globes

http://edition.cnn.com/2018/01/07/entertainment/oprah-speech-2018-golden-globes/index.html

Lees haar volle toespraak: http://edition.cnn.com/2018/01/08/entertainment/oprah-globes-speech-transcript/index.html