Interne kwessies in ANC, DA en EFF


Wat is die uitdagings vir die drie grootste politieke partye, en hoe bestuur hulle leiers die interne politiek?, is die vraag wat in Praat Saam gestel is.

Die regerende party, die ANC, ontken dat hy geld regstreeks van VBS Bank ontvang het, maar erken wel dat hy geld ontvang het van ‘n aandeelhouer, Vele Investments. Intussen het die DA ook politieke uitdagings nadat Patricia de Lille as burgemeester en lid van die party bedank het. Die EFF probeer ook hulle interne vure doodsmoor nadul hulle adjunkpresident, Floyd Shivambu, by die VBS-skandaal betrek is. Wat is die uitdagings vir die drie grootste politieke partye, en hoe bestuur hulle leiers die interne politiek?