Einde van arbeidsmakelaars of nie?


Is dit nou die einde van arbeidsmakelaars of nie? Cosatu het weliswaar die Konstitusionele Hof se uitspraak oor arbeidsmakelaars verwelkom, want volgens dié vakbond beteken dit dat tydelike werkers wat deur arbeidsmakelaars by ‘n maatskappy geplaas is, na drie maande permanente werkers word. Maar ander kenners reken glad nie dis die einde van arbeidsmakelaars nie. Wat is die moontlike impak hiervan op die arbeidsektor? Kom luister wat sê kenners in Praat Saam.