Onverkwiklike politiek: DA/De Lille, ANC-faksies…


Praat Saam, Maandag 14 Mei 2018 – Die regering sê hy sal toesien dat daar bestendigheid in Kaapstad is, maar ontleders meen die stryd tussen Patricia de Lille en die DA kan die politieke partye in volgende jaar se verkiesing duur te staan kom, en selfs in KwaZulu-Natal kan faksies die ANC se eenheidsbootjie laat sink. Hoe lyk ‘n inklusiewe politieke party waar ras, geloof, geslag en seksuele oriëntasie nie die kaartjie vir politieke toetrede of bestaansreg is nie?