Waarom word korruptes nie vervolg?


Wat gaan aan met ons strafregstelsel dat vervolgings teen korruptes so traag is en niemand nog vir die VBS-kaping aangekla is nie?

‘n Gesamentlike onafhanklike ondersoek deur die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag na die sogenaamde groot bankrooftog by VBS-bank, is in ‘n gevorderde stadium, maar laat vrae ontstaan of ons strafregstelsel radikale transformasie benodig.