SA se paroolstelsel moet hersien word


Monitor, Dinsdag 29 Mei 2018

Suid-Afrika se paroolstelsel moet hersien word, en veranderinge moet gemaak word. So sê die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha. Masutha sê oortreders daag dikwels die parloostelsel in die howe uit. ‘n Twee-dae lange seminaar vind tans in Kaapstad plaas, om veranderinge binne die parool stelsel te bespreek.