Té veel Suid-Afrikaners het té veel skuld


Vier en twintig miljoen Suid-Afrikaners het skuld waarvan tien miljoen sukkel om by te hou met hul paaiemente. Die skuld beloop meer as ‘n duisend miljard rand. Boonop voorspel kenners dat die aantal Suid-Afrikaners wat sukkel met terugbetalings, gaan toeneem. Anita Visser het met die voorsitter van die Skuldberaders vereniging van Suid-Afrika ofwel DCASA, Paul Slot gepraat.