Zimbabwe: Tydrooster vir Mugabe-ontruiming afgewag


‘n Tydrooster vir Mugabe se ontruiming van sy pos as president, word afgewag. Volgens gerugte skop Mugabe vas.

Die Zimbabwiese weermag het beheer van Zimbabwe oorgeneem en President Robert Mugabe en sy gesin is in huis-arres. Onderhandelings is aan die gang vir ‘n oorgangsregering onder oud-adjunkpresident Emmerson Mnangagwa.
Alles is vreedsaam in Harare.

Mnangagwe het ‘n geskiedenis van gesentraliseerde, outokratiese besluitneming.

Volg die jongste nuus op The Guardian: Klik hier.

Volg die gebeure soos dit ontvou op Timeslive se nuusverslae: Klik hier.

Volg die gebeure soos dit ontvou op News24. Klik hier.

Hier is die jongste nuus van RSG se nuusbulletins:

 

  • 17 November 2017 9:00

    Amerika het intussen die hoop uitgespreek vir ‘n nuwe era in Zimbabwe wat impliseer dat President Robert Mugabe sy amp neerlê. Ambassadeur Donald Yamamoto van die Buro oor Afrika Aangeleenthede, het in ‘n onderhoud met Reuters die moontlikheid verwerp dat Mugabe in ‘n oorgangsregering of ‘n seremoniële hoedanigheid aanbly. Mugabe is reeds 37 jaar aan bewind. Yamamoto sê Amerika hoop op ‘n nuwe era van oorgang in Zimbabwe, wat politieke en ekonomiese hervorming kan beteken en dat Amerikaanse sanksies teen Zimbabwe in heroënskou geneem word.

  • 17 November 2017 8:00

    Amerika het die hoop uitgespreek vir ‘n nuwe era in Zimbabwe wat impliseer dat President Robert Mugabe sy amp neerlê. Ambassadeur Donald Yamamoto van die Buro oor Afrika Aangeleenthede, het in ‘n onderhoud met Reuters die moontlikheid verwerp dat Mugabe in ‘n oorgangsregering of ‘n seremoniële hoedanigheid aanbly. Mugabe is reeds 37 jaar aan bewind. Yamamoto sê Amerika hoop op ‘n nuwe era van oorgang in Zimbabwe, wat politieke en ekonomiese hervorming kan beteken en dat Amerikaanse sanksies teen Zimbabwe in heroënskou geneem word.

  • 17 November 2017 7:00

    ‘n Tydrooster word volgens onbevestigde berigte gefinaliseer ingevolge waarvan President Robert Mugabe van Zimbabwe sy amp moet ontruim. Mugabe, die Zimbabwiese Weermaghoof, Generaal Constantine Chiwenga en Suid-Afrikaanse gesante van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het gisteraand in Harare vergader. Volgens onbevestigde berigte is ‘n ooreenkoms oor ‘n oorgangsregering bereik. Dit is egter onduidelik oor watter rol Mugabe, indien enige, en sy afgedankte adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa in die oorgangsregering sal speel. Mnangagwa het eergister na Zimbabwe teruggekeer nadat hy ná sy afdanking na Suid-Afrika uitgewyk het weens beweerde doodsdreigemente. Dit het vermoedelik tot die weermag se oorname aanleiding gegee.

  • 17 November 2017 6:00

    ‘n Tydrooster word volgens onbevestigde berigte gefinaliseer ingevolge waarvan President Robert Mugabe van Zimbabwe sy amp moet ontruim. Mugabe, die Zimbabwiese Weermaghoof, Generaal Constantine Chiwenga en Suid-Afrikaanse gesante van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het gisteraand in Harare vergader. Volgens onbevestigde berigte is ‘n ooreenkoms oor ‘n oorgangsregering bereik. Dit is egter onduidelik oor watter rol Mugabe, indien enige, en sy afgedankte adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa in die oorgangsregering sal speel. Mnangagwa het eergister na Zimbabwe teruggekeer nadat hy ná sy afdanking na Suid-Afrika uitgewyk het weens beweerde doodsdreigemente. Dit het vermoedelik tot die weermag se oorname aanleiding gegee.

  • 17 November 2017 6:00

    Die president van ZAPU, Dumiso Dabengwa wat lank die opposisie van Zanu-PF is, glo die militêre optrede in Zimbabwe kan nie as `n staatsgreep bestempel word nie. Dabengwa sê die moontlikheid dat Grace Mugabe as die land se adjunkpresident aangestel kon word, regverdig die weermag se oorname wat die land van ‘n krisis wou red. Hy sê Grace Mugabe sou `n erger diktator as haar man gewees het.

  • 17 November 2017 5:00

    `n Ooreenkoms is vermoedelik bereik om die krisis in Zimbabwe op te los. President Robert Mugabe, die land se weermaghoof, Constantine Chiwenga, SAOG-afgevaardigdes van Suid-Afrika en ander rolspelers het vroeër in Harare vergader. Volgens onbevestigde berigte is `n ooreenkoms bereik om `n tussentydse regering saam te stel om die land te reageer. Dit is nie duidelik watter rol, indien enige, Mugabe en die voormalige vise-president, Emmerson Mnangagwa sal speel nie. Mnangagwa het eergister uit Suid-Afrika na Zimbawe teruggekeer nadat Mugabe hom verlede week afgedank het. Dit het blykbaar daartoe gelei dat die weermag beheer oor land oorgeneem het.

  • 17 November 2017 5:00

    President Jacob Zuma sê dit is té vroeg om te sê wat in Zimbabwe gaan gebeur en hoe Suid-Afrika sal reageer. Zuma, wat gister vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord het, sê hy glo die situasie sal binnekort duidelik wees wanneer hy daarop sal reageer.

  • 16 November 2017 23:00

    Volgens onbevestigde berigte is `n ooreenkoms bereik om die krisis in Zimbabwe op te los. President Robert Mugabe, die land se weermaghoof, Constantine Chiwenga, SAOG-afgevaardigdes van Suid-Afrika en ander het in Harrare vergader. Volgens berigte is `n ooreenkoms bereik om `n tussentydse regering saam te stel om die land te reageer. Dit is nie duidelik watter rol, indien enige Mugabe en die voormalige vise-president, Emmerson Mnangagwa sal speel nie. Mnangagwa het uit Suid-Afrika na Zimbawe teruggekeer nadat Mugabe hom verlede week afgedank het. Dit het blykbaar aanlyding gegee dat die weermag beheer oor land oorgeneem het.

  • 16 November 2017 23:00

    President Jacob Zuma sê dit is té vroeg om te sê wat in Zimbabwe gaan gebeur en hoe Suid-Afrika sal reageer. Zuma, wat vrae in die Nasionale Vergadering van Provinsies beantwoord het, sê hy glo die situasie sal binnekort duidelikheid word en dan sal hy daarop reageer.

  • 16 November 2017 21:00

    Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se troika vir politiek, verdediging en veiligheid het na hul vergadering in Botswana `n beroep op die Zimbabwiese weermag gedoen om na hul basisse terug te keer en burgerlike beheer van die land toe te laat. Hulle wys daarop dat die streeksbeleid enige ongrondwetlike oornames teenstaan. Die SAOG-vergadering het ook aanbeveel dat die streeksleiers dringend moet vergader oor die jongste gebeure in Zimbabwe. Die troika wat deur Suid-Afrika, Angola, Tanzanië en Zambië bygewoon is, sê Zimbabwiërs moet vir die verkiesings in 2018 wag indien hulle `n nuwe regering in die land wil aanwys.

  • 16 November 2017 19:00

    Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se troika vir politiek, verdediging en veiligheid het besluit dat die streeksleiers `n dringende vergadering moet hou om die toestand in Zimbabwe te bespreek. Die vergadering in Botswana se hoofstad, Gaborone wat `n rukkie gelede klaargemaak het, sê ook die weermag moet na hul basisse terugkeer en burgerlike beheer van die land toelaat.. Daar is ook besluit dat Zimbabwe vir die verkiesings in 2018 moet wag indien hulle `n nuwe regering in die land wil aanwys. Afgevaardigdes van Suid-Afrika, Angola, Tanzanië en Zambië het die toestand in Zimbabwe bespreek. Zimbabwe se beleërde president, Robert Mugabe vergader blykbaar nog met ‘n onderhandelingspan in Harare nadat hy van sy ampswoning na die staatshuis vergesel is. Dit is onseker of die weermag by die vegadering betrokke is.

  • 16 November 2017 19:00

    Twee van Zimbabwe se opposisiepartye het ‘n beroep op president Robert Mugabe gedoen om ter wille van landsbelang te bedank. Die leier van die MDC, MorganTsvangirai en die voormalige vise-president, Joyce Mujuru het albei nuuskonferensies oor die toestand in die land toegespreek. Mujuru is verlede jaar deur Mugabe afgedank en het intussen haar eie party begin. Sy sê die land het `n tussentydse regering nodig om te verseker dat die ekonomie herstel en verkiesingshervorming kan plaasvind. Mugabe is tans betrokke in `n vergadering in die Harare om oor sy toekoms te onderhandel. Hy is vroeër van sy ampswoning waar hy aangehou is na die Staatshuis in Harare vergesel.

  • 16 November 2017 18:00

    Twee van Zimbabwe se opposisiepartye het ‘n beroep op president Robert Mugabe gedoen om ter wille van landsbelang te bedank. Die leier van die MDC, MorganTsvangirai en die voormalige vise-president, Joyce Mujuru het albei nuuskonferensies oor die toestand in die land toegespreek. Mujuru is verlede jaar deur Mugabe afgedank en het intussen haar eie party begin. Sy sê die land het `n tussentydse regering nodig om te verseker dat die ekonomie herstel en verkiesingshervorming kan plaasvind. Mugabe is tans betrokke in `n vergadering in die Harare om oor sy toekoms te onderhandel. Hy is vroeër van sy ampswoning waar hy aangehou is na die Staatshuis in Harare vergesel.

  • 16 November 2017 17:00

    Zimbabwe se beleërde president, Robert Mugabe is blykbaar besig om met ‘n onderhandelingspan in Harare te vergader. Dit is volgens betroubare bronne waarmee die SAUK gepraat het. Mugabe se konvooi is vroeër waargeneem waar hy van sy amptelike woning na die Staatshuis beweeg het. Afgevaardigdes van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, insluitende Suid-Afrika se Ministers van Verdiging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula en Staatsveiligheid, Bongani Bongo woon die vergadering by. Dit is onseker of die Zimbabwiese weermag ook teenwoordig is. Die weermag het vroeër die week beheer van die land oorgeneem en Mugabe tot sy ampswoning beperk.

  • 16 November 2017 17:00

    KRIEKET: Die Protea-afrigter, Ottis Gibson het sy afrigterspan aangekondig en almal is Suid-Afrikaners. Die Wes-Indiër het drie nuwelinge nader getrek. Die Warriors se afrigter, Malibongwe Maketa is nou sy hulpafrigter, terwyl twee voormalige Protea-spelers ook ingeroep is. Dale Benkenstein is die kolf-afrigter, terwyl Justin Ontong na die span se veldwerk sal omsien. Gibson het Claude Henderson as afrigter van die draaiboulers behou, terwyl Craig Govender die span se nuwe fisioterapeut is. Die Proteas se volgende wedstryd is die vierdaagse toets na Kersfees teen Zimbabwe.

  • 16 November 2017 16:00

    Zimbabwe se beleerde president, Robert Mugabe is blykbaar besig om met ‘n onderhandelingspan in Harare te vergader. Dit is volgens betroubare bronne waarmee die SAUK gepraat het. ‘n Konvooi van Mugabe is vroeër waargeneem waar hy van sy amptelike woning na die Staatshuis beweeg het. Afgevaardigdes van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, insluitende Suid-Afrika se Ministers van Verdiging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula en Staatsveiligheid, Bongani Bongo woon die vergadering by. Dit is onseker of die Zimbabwiese weermag ook teenwoordig is. Die weermag het vroeër die week beheer van die land oorgeneem en Mugabe tot sy ampswoning beperk.

  • 16 November 2017 16:00

    Die Suid-Afrikaans gebaseerde opposisie teen die regerende Zanu-PF in Zimbabwe, Ideal Zimbabwe het die jongste verwikkelinge beskryf as nog ‘n skelmstreek deur president Mugabe om mag te behou. Die leier van die organisasie, Tinashe Jonas wat buite die Zimbabwiese ambassade in Pretoria gepraat het, sê hy verwerp die oorname deur die Zimbabwiese weermag. Jonas sê die weermaghoof, General Constantine Chiwenga word deur Mugabe gebruik. Hy sê ook Chiwenga is deur Mugabe geskool omdat ‘n diktator die veiligheidsmagte gebruik om vrees in te boesem.

  • 16 November 2017 16:00

    Die Protea-afrigter, Ottis Gibson het sy afrigterspan aangekondig en almal is Suid-Afrikaners. Die Wes-Indiër het drie nuwelinge nader getrek. Die Warriors se afrigter, Malibongwe Maketa is nou sy hulpafrigter, terwyl twee voormalige Protea-spelers ook ingeroep is. Dale Benkenstein is die kolf-afrigter, terwyl Justin Ontong na die span se veldwerk sal omsien. Gibson het Claude Henderson as afrigter van die draaiboulers behou, terwyl Craig Govender die span se nuwe fisioterapeut is. Die Proteas se volgende wedstryd is die vierdaagse toets na Kersfees teen Zimbabwe.

 

 

  • 16 November 2017 15:00

    Die afgedankte adjunkpresident van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa sal na verwagting later vandag ‘n verklaring uitreik oor die weg vorentoe. Mnangagwa se verklaring word verwag na afloop van ‘n vergadering in Botswana van leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Mnangagwa is verlede week deur President Robert Mugabe in die pad gesteek waarna die weermag hom oor dié optrede gewaarsku het. Die weermag is tans in beheer van die land. Intussen hou Mugabe vol dat hy die wettige president is en dat hy slegs deur ‘n verkiesing vervang kan word. ‘n Katolieke priester, Fidelis Mukonori tree op as bemiddelaar tussen Mugabe en die weermaggeneraals. Die leier van die M.D.C, Morgan Tsvangirai het gisteraand na Harare teruggekeer, nadat hy in Suid-Afrika was vir mediese behandeling.

  • 16 November 2017 15:00

    Die Suid-Afrikaans gebaseerde opposisie teen die regerende Zanu-PF in Zimbabwe, Ideal Zimbabwe het die jongste verwikkelinge beskryf as nog ‘n skelmstreek deur president Mugabe om mag te behou. Die leier van die organisasie, Tinashe Jonas wat buite die Zimbabwiese ambassade in Pretoria gepraat het, sê hy verwerp die oorname deur die Zimbabwiese weermag. Jonas sê die weermaghoof, General Constantine Chiwenga word deur Mugabe gebruik. Volgens hom is die Zimbabwiese grondwet ‘n dokument wat deur niemand erken word nie. Hy beskryf Mugabe as ‘n diktator wat die land soos sy familie beheer. Jonas sê Chiwenga is deur Mugabe geskool omdat ‘n diktator die veiligheidsmagte gebruik om vrees in te boesem.

  • 16 November 2017 14:00

    Die afgedankte adjunkpresident van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa sal na verwagting later vandag ‘n verklaring uitreik oor die pad vorentoe. Mnangagwa se verklaring word na afloop van ‘n vergadering van leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap verwag. Mnangagwa is verlede week deur President Robert Mugabe in die pad gesteek waarna die weermag hom oor dié optrede gewaarsku het. Die weermag is tans in beheer van die land. Intussen hou Mugabe vol dat hy die wettige president is en dat hy slegs deur ‘n verkiesing vervang kan word. ‘n Katolieke priester, Fidelis Mukonori tree op as bemiddelaar tussen Mugabe en die weermaggeneraals. Die leier van die M.D.C, Morgan Tsvangirai het gisteraand na Harare teruggekeer, nadat hy in Suid-Afrika was vir mediese behandeling.

  • 16 November 2017 14:00

    Die kabinet het sy steun toegesê aan President Jacob Zuma se ingryping in Zimbabwe in sy hoedanigheid as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Zuma het gister ook ‘n spesiale afvaardiging na die land gestuur om met Mugabe en die Weermag te vergader.

  • 16 November 2017 13:00

    Die kabinet het intussen sy steun toegesê aan President Zuma se ingryping in Zimbabwe in sy hoedanigheid as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. ‘n Hoëvlak vergadering van SAOG-ministers oor die Zimbabwiese krisis word later vandag in Gaberone in Botswana gehou. Zuma het gister ook ‘n spesiale afvaardiging na Zimbabwe gestuur om met Mugabe en die Weermag te vergader.

  • 16 November 2017 12:00

    Die kabinet het sy steun toegesê aan President Jacob Zuma se ingryping in Zimbabwe in sy hoedanigheid as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Zuma het ‘n spesiale afvaardiging na Zimbabwe gestuur om met President Robert Mugabe en die Weermag te vergader. Die Weermag het gister beheer oor die land oorgeneem.

  • 16 November 2017 11:00

    ‘n Rampgebeurlikheidsvergadering bestaande uit talle staatsdepartemente en die burgerlike gemeenskap word vandag by die polisiestasie in Musina, Limpopo oor die krisis in Zimbabwe voortgesit. Dit volg nadat die Zimbabwiese weermag gister beheer oor die land oorgeneem het. Die eerste vergadering gister is deur die Musina Regsadvies Sentrum, die polisie, departemente en ander organisasies bygewoon. Die vergaderings word gehou ter voorbereiding van ‘n moontlike toestroming van Zimbabwiërs na Suid-Afrika. Die Beitbrug-grenspos word deur Suid-Afrikaanse soldate beman. Die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is egter maklik om oor te steek, weens die agteruitgang van infrastruktuur. ‘n Woordvoerder vir die Regsadviessentrum, Jacob Matakanye sê hulle is gereed om te help, hoewel voorbereiding getref moet word.

  • 16 November 2017 11:00

    Zimbabwiese burgers wat uit Harare by die Beitbrug-grenspos aankom, sê intussen daar is weermagpadblokkades langs die pad en mense word deursoek. Hulle sê egter mense word nie by die padblokkades geteister nie. Meeste is positief oor die ontwikkelige in Zimbabwe.

  • 16 November 2017 10:00

    ‘n Rampgebeurlikheidsvergadering bestaande uit talle staatsdepartemente en die burgerlike gemeenskap word vandag by die polisiestasie in Musina, Limpopo oor die krisis in Zimbabwe voortgesit. Die eerste vergadering gister is deur die Musina Regsadvies Sentrum, die polisie, departemente en ander organisasies bygewoon. Die vergaderings word gehou ter voorbereiding van ‘n moontlike toestroming van Zimbabwiërs na Suid-Afrika. Die Beitbrug-grenspos word deur Suid-Afrikaanse soldate beman. Die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is egter maklik om oor te steek, weens die agteruitgang van infrastruktuur. ‘n Woordvoerder vir die Regsadviessentrum, Jacob Matakanye sê hulle is gereed om te help, hoewel voorbereiding getref moet word.

 

  • 16 November 2017 9:00

    President Jacob Zuma het ‘n vergadering van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap belê om die politieke krisis in Zimbabwe te bespreek. Die vergadering sal later vandag in die hoofstad van Botswana, Gabarone plaasvind, en sal deur ministers van SAOG-lidlande bygewoon word. Zuma het gister die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa Nqakula en die Minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo na Harare gestuur om namens die regering met rolspelers in Zimbabwe gesprek te voer.

  • 16 November 2017 9:00

    President Zuma en sy adjunk, Cyril Ramaphosa is intussen vandag terug in die Parlement vir die laaste mondelinge vrae en antwoordsessies van die jaar. Zuma sal vroegmiddag in die Nasionale Raad van Provinsies wees terwyl Ramaphosa in die Nasionale Vergadering sal wees. Beide Zuma en Ramaphosa sal na verwagting vrae moet beantwoord oor ontwikkelinge in Zimbabwe. Zuma het gister aangedui dat hy telefonies met Mugabe gepraat het, wat aan hom gesê het dat hy onder huisarres in Harare is.

  • 16 November 2017 8:00

    President Jacob Zuma het ‘n vergadering van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap belê om die politieke krisis in Zimbabwe te bespreek, nadat die weermag gister beheer oor die land oorgeneem het. Die vergadering sal later vandag in die hoofstad van Botswana, Gabarone plaasvind, en sal deur ministers van SAOG-lidlande bygewoon word. Zuma het gister die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa Nqakula en die Minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo na Harare gestuur om namens die regering met rolspelers in Zimbabwe gesprek te voer.

  • 16 November 2017 8:00

    President Zuma en sy adjunk, Cyril Ramaphosa is intussen vandag terug in die Parlement vir die laaste mondelinge vrae en antwoordsessies van die jaar. Zuma sal vroegmiddag in die Nasionale Raad van Provinsies wees terwyl Ramaphosa in die Nasionale Vergadering sal wees. Beide Zuma en Ramaphosa sal na verwagting vrae moet beantwoord oor ontwikkelinge in Zimbabwe. Zuma het gister aangedui dat hy telefonies met Mugabe gepraat het, wat aan hom gesê het dat hy onder huisarres in Harare is.

  • 16 November 2017 8:00

    Onderhandelinge is volgens berigte in Zimbabwe aan die gang om ‘n tussentydse regering aan te stel. Die SAUK het verneem dat ‘n ooreenkoms voorgestel is waarvolgens die afgedankte adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa die leier sal wees van ‘n tussentydse regering, wat ook rolspelers van ander politieke partye sal insluit. President Robert Mugabe is glo die geleentheid gegee om te onderhandel oor die voorwaardes van sy uittrede, insluitend staatsbeskerming vir hom en sy familie. Een van die prioriteite van die tussentydse regering sal wees om Zimbabwe se ekonomie te herstel, na ekonomiese agteruitgang die afgelope tyd.

  • 16 November 2017 7:00

    Onderhandelinge is volgens berigte in Zimbabwe aan die gang om ‘n tussentydse regering aan te stel, nadat die weermag gister beheer oor die land geneem het. Die SAUK het verneem dat ‘n ooreenkoms voorgestel is waarvolgens die afgedankte adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa die leier sal wees van ‘n tussentydse regering, wat ook rolspelers van ander politieke partye sal insluit. President Robert Mugabe is glo die geleentheid gegee om te onderhandel oor die voorwaardes van sy uittrede, insluitend staatsbeskerming vir hom en sy familie. Een van die prioriteite van die tussentydse regering sal wees om Zimbabwe se ekonomie te herstel, na ekonomiese agteruitgang die afgelope tyd.

  • 16 November 2017 7:00

    Die Afrika Unie het intussen ‘n beroep gedoen op alle rolspelers in Zimbabwe om die land se grondwet sowel as die Afrika-handves van demokrasie, verkiesings en regering te eerbiedig. Hoewel die weermag volhou dat hul optrede nie ‘n staatsgreep is nie, sê die voorsitter van die AU die situasie lyk wel soos ‘n staatsgreep. Alpha Conde, die president van Guinee, sê alle oë is nou op Emmerson Mnangagwa in die lig van die steun wat hy in die weermag geniet.

  • 16 November 2017 6:00

    Die Afrika Unie het ‘n beroep gedoen op alle rolspelers in Zimbabwe om die land se grondwet sowel as die Afrika-handves van demokrasie, verkiesings en regering te eerbiedig. Dit volg nadat Zimbabwe se weermag beheer oor die land oorgeneem het en president Robert Mugabe onder huisarres geplaas het. Hoewel die weermag volhou dat hul optrede nie ‘n staatsgreep is nie, sê die voorsitter van die AU die situasie lyk soos ‘n staatsgreep. Alpha Conde, die president van Guinee, sê alle oë is nou op die voormalige adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa. Conde sê in die lig van die steun wat Mnangagwa in die weermag geniet, kan hy moontlik nou die regering oorneem.

  • 16 November 2017 6:00

    Owerhede van Suid-Afrika en Zimbabwe het intussen ‘n noodvergadering in Musina in Limpopo naby die grens met Zimbabwe gehou om gereedheidsplanne te bespreek vir ingeval die situasie in die buurland handuit ruk. Verteenwoordigers van die polisie, verskeie regeringsdepartemente, die burgerlike gemeenskap en humanitêre organisasies het die vergadering bygewoon. ‘n Organisasie wat hulp aan vlugtelinge verleen, Musina Legal Advice, sê hulle is voorbereid op enige situasie. Die organisasie sê indien mense die grens in groot getalle sou oorsteek, sal hulle huisvestig en kos aan hulle kan voorsien.

  • 16 November 2017 5:00

    Owerhede van Suid-Afrika en Zimbabwe het ‘n noodvergadering in Musina in Limpopo naby die grens met Zimbabwe gehou om gereedheidsplanne te bespreek vir ingeval die situasie in die buurland handuit ruk. Verteenwoordigers van die polisie, verskeie regeringsdepartemente, die burgerlike gemeenskap en humanitêre organisasies het die vergadering bygewoon. ‘n Organisasie wat hulp aan vlugtelinge verleen, Musina Legal Advice, sê hulle is voorbereid op enige situasie. Die organisasie sê indien mense die grens in groot getalle sou oorsteek, sal hulle huisvestig en kos aan hulle kan voorsien.

  • 16 November 2017 5:00

    Die ANC in die Parlement het leiers in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap intussen gevra om by Zimbabwe betrokke te raak nadat die land se weermag vroeër beheer oorgeneem het. Die ANC-LP en voorsitter van die Parlement se Komitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Siphosezwe Masango sê die party is baie bekommerd oor die situasie in die buurland. Masango sê die ANC doen die beroep vanweë die sterk geskiedkundige bande wat hulle tydens die bevrydingstryd met Zimbabwe opgebou het. Hy het gevra dat die regering die situasie moet dophou en betrokke moet raak indien nodig.

  • 15 November 2017 23:00

    Die ANC in die Parlement het leiers in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gevra om by Zimbabwe betrokke te raak nadat die land se weermag vroeër beheer oorgeneem het. Die ANC-LP en voorsitter van die Parlement se Komitee op Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Siphosezwe Masango, het die oproep gedoen en gesê die party is baie bekommerd oor die situasie in die buurland. Masango sê die ANC doen die beroep vanweë die sterk geskiedkundige bande wat hulle tydens die bevrydingstryd met Zimbabwe opgebou het. Hy het gevra dat die regering die situasie moet dophou en betrokke moet raak indien nodig.

  • 15 November 2017 23:00

    Zimbabwe se voormalige minister van finansies, Tendai Biti, sê Suid-Afrikaanse besighede en beleggers het geen rede tot paniek oor die politieke veranderinge wat tans in dié land ontvou nie. Hy het beleggers op ‘n konferensie van die Rand Aksepbank gerusgestel dat Zimbabwe se weermag, wat beheer oor die land oorgeneem het, begrip het vir die sakesektor se behoeftes. Biti was lid van Zimbabwe se opposisieparty, die MDC, tydens die koalisieregering tussen dié party en President Robert Mugabe se Zanu-PF-party.

  • 15 November 2017 23:00

    Die ANC in die Parlement het leiers in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gevra om by Zimbabwe betrokke te raak nadat die land se weermag vroeër beheer oorgeneem het. Die ANC-LP en voorsitter van die Parlement se Komitee op Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Siphosezwe Masango, het die oproep gedoen en gesê die party is baie bekommerd oor die situasie in die buurland. Masango sê die ANC doen die beroep vanweë die sterk geskiedkundige bande wat hulle tydens die bevrydingstryd met Zimbabwe opgebou het. Hy het gevra dat die regering die situasie moet dophou en betrokke moet raak indien nodig.

  • 15 November 2017 21:00

    Zimbabwe se voormalige minister van finansies, Tendai Biti, sê Suid-Afrikaanse besighede en beleggers het geen rede tot paniek oor die politieke veranderinge wat tans in dié land ontvou nie. Hy het beleggers op ‘n konferensie van die Rand Aksepbank gerusgestel dat Zimbabwe se weermag, wat beheer oor die land oorgeneem het, begrip het vir die sakesektor se behoeftes. Biti was lid van Zimbabwe se opposisieparty, die MDC, tydens die koalisieregering tussen dié party en President Robert Mugabe se Zanu-PF-party.

  • 15 November 2017 21:00

    Zimbabwe se afgedankte adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa, het in Harare aangekom om skynbaar beheer van die land se regering oor te neem. President Robert Mugabe het Mnangagwa, bekend as Die Krokodil, verlede week te midde van ‘n magstryd in die regerende Zanu-PF-party afgedank. Mnangagwa, ‘n veteraan van die Zimbabwiese bevrydingstryd, het ná doodsdreigemente na Suid-Afrika gevlug, maar vroeër vandag na Harare teruggekeer in die lig van die verwikkelinge in Zimbabawe sedert gister. Die land se weermag is gister in Harare ontplooi en het beheer oor die staatsuitsaaier oorgeneem. Die minister van finansies, Ignatius Chombo, is in aanhouding, terwyl President Robert Mugabe en sy gesin tans in die hoofstad onder huisarres is.

  • 15 November 2017 21:00

    Die regering van Botswana het ‘n reiswaarskuwing aan sy burgers uitgereik en hulle aangeraai om nie in hierdie stadium na Zimbabwe te reis nie.

  • 15 November 2017 19:00

    Zimbabwe se afgedankte adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa, het in Harare aangekom om skynbaar beheer van die land se regering oor te neem. President Robert Mugabe het Mnangagwa, bekend as Die Krokodil, verlede week te midde van ‘n magstryd in die regerende Zanu-PF-party afgedank. Mnangagwa, ‘n veteraan van die Zimbabwiese bevrydingstryd, het ná doodsdreigemente na Suid-Afrika gevlug, maar vroeër vandag na Harare teruggekeer in die lig van die verwikkelinge in Zimbabawe sedert gister. Die land se weermag is gister in Harare ontplooi en het beheer oor die staatsuitsaaier oorgeneem. Die minister van finansies, Ignatius Chombo, is in aanhouding, terwyl President Robert Mugabe en sy gesin tans in die hoofstad onder huisarres is.

  • 15 November 2017 19:00

    Die Weermag se Hoof van Gesamentlike Operasies. Generaal Barney Hlatswayo, sê Suid-Afrika hou die politieke verwikkelinge in Zimbabwe fyn dop. Hlatswayo sê hoewel toegangsbeheer op die grens met Zimbabwe verskerp is, is daar in hierdie stadium geen planne om militêre personeel in die buurland te ontplooi nie. Hy sê die ergste wat kan gebeur, is dat Zimbabwiërs na Suid-Afrika kan stroom indien die situasie in hul land verswak. Hlatswayo sê indien dit gebeur, sal lede van die Suid-Afrikaanse Weermag op die grens met Zimbabwe ontplooi word, maar nie in die buurland nie.

  • 15 November 2017 19:00

    Die Vryheidsfront Plus sê hy verwelkom die vreedsame militêre ingryping in Zimbabwe, en alle leiers in Afrika behoort daaruit te leer dat hulle nie hul burgers mag onderdruk nie. Die leier van die VF-Plus, Pieter Groenewald, sê die verwikkelinge in Zimbabwe was onafwendbaar. Hy sê dit is gerusstellend dat die Zimbabawiese weermag sy mag gebruik om vrede te handhaaf. Groenewald sê die party hoop die uiteinde van die verwikkelinge sal wees dat geregtigheid in Zimbabwe herstel sal word.

  • 15 November 2017 19:00

    Die regering van Botswana het ‘n reiswaarskuwing aan sy burgers uitgereik en hulle aangeraai om nie in hierdie stadium na Zimbabwe te reis nie.

  • 15 November 2017 18:00

    Die Weermag se Hoof van Gesamentlike Operasies. Generaal Barney Hlatswayo, sê Suid-Afrika hou die politieke verwikkelinge in Zimbabwe fyn dop. Hlatswayo sê hoewel toegangsbeheer op die grens met Zimbabwe verskerp is, is daar in hierdie stadium geen planne om militêre personeel in die buurland te ontplooi nie. Hy sê die ergste wat kan gebeur, is dat Zimbabwiërs na Suid-Afrika kan stroom indien die situasie in hul land verswak. Hlatswayo sê indien dit gebeur, sal lede van die Suid-Afrikaanse Weermag op die grens met Zimbabwe ontplooi word, maar nie in die buurland nie.

  • 15 November 2017 18:00

    Die Vryheidsfront Plus sê hy verwelkom die vreedsame militêre ingryping in Zimbabwe, en alle leiers in Afrika behoort daaruit te leer dat hulle nie hul burgers mag onderdruk nie. Die leier van die VF-Plus, Pieter Groenewald, sê die verwikkelinge in Zimbabwe was onafwendbaar. Hy sê dit is gerusstellend dat die Zimbabawiese weermag sy mag gebruik om vrede te handhaaf. Groenewald sê die party hoop die uiteinde van die verwikkelinge sal wees dat geregtigheid in Zimbabwe herstel sal word

  • 15 November 2017 18:00

    Die DA in die Parlement het intussen ‘n beroep op Zimbabwe se Weermag gedoen vir ‘n demokratiese oorgang na ‘n nuwe regering, en nie deur militêre ingryping nie. Die DA se woordvoerder oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Stevens Mokgalapa, sê hulle hou die situasie dop. Hy sê enige ondemokratiese verandering sal slegte gevolge hê – nie net vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap nie, maar vir die hele Afrika.

  • 15 November 2017 17:30

    Die Weermag se Hoof van Gesamentlike Operasies. Generaal Barney Hlatswayo, sê Suid-Afrika hou die politieke verwikkelinge in Zimbabwe fyn dop. Hlatswayo sê hoewel toegangsbeheer op die grens met Zimbabwe verskerp is, is daar in hierdie stadium geen planne om militêre personeel in die buurland te ontplooi nie. Hy sê die ergste wat kan gebeur, is dat Zimbabwiërs na Suid-Afrika kan stroom indien die situasie in hul land verswak. Hlatswayo sê indien dit gebeur, sal lede van die Suid-Afrikaanse Weermag op die grens met Zimbabwe ontplooi word, maar nie in die buurland nie

  • 15 November 2017 17:00

    Die IVP het die militêre ingryping in Zimbabwe beskryf as betreurenswaardig, maar nie onverwags nie. Die hoofsweep van die IVP in die Parlement, Narend Singh, sê enige onstabiliteit in Zimbabwe hou regstreekse gevolge vir Suid-Afrika in. Singh sê dit sluit in dat Zimbabwiërs hierheen kan stroom vir ‘n heenkome. Hy sê die IVP doen ‘n beroep op Zimbabwe se leiers om ter wille van maatskaplike en ekonomiese stabiliteit ‘n vreedsame oplossing te vind. Hy het ook die Suid-Afrikaanse regering versoek om diplomatieke druk op Zimbabwe uit te oefen om ‘n dooiepunt te verhoed.

  • 15 November 2017 17:00

    Die DA in die Parlement het intussen ‘n beroep op Zimbabwe se Weermag gedoen vir ‘n demokratiese oorgang na ‘n nuwe regering, en nie deur militêre ingryping nie. Die DA se woordvoerder oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Stevens Mokgalapa, sê hulle hou die situasie dop. Hy sê enige ondemokratiese verandering sal slegte gevolge hê – nie net vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap nie, maar vir die hele Afrika.

  • 15 November 2017 16:30

    Die IVP het die militêre ingryping in Zimbabwe beskryf as betreurenswaardig, maar nie onverwags nie. Die hoofsweep van die IVP in die Parlement, Narend singh, sê enige onstabiliteit in Zimbabwe hou regstreekse gevolge vir Suid-Afrika in. Singh sê die situasie is egter ook vir Suid-Afrikaners ongelukkig, omdat Zimbabwiërs hierheen kan stroom vir ‘n heenkome. Hy sê die IVP doen ‘n beroep op Zimbabwe se leiers om ‘n vreedsame oplossing te vind ter wille van maatskaplike en ekonomiese stabiliteit. Hy het ook die Suid-Afrikaanse regering versoek om diplomatieke druk op Zimbabwe uit te oefen om ‘n dooiepunt te verhoed.

  • 15 November 2017 16:00

    Zanu-PF se oorlogsveterane het `n beroep op die Zimbabwe se regerende party gedoen om President Robert Mugabe te herroep. Dit kom te midde van wat die weermag noem , `n vreedsame oorname eerder as `n staatsgreep. Die oorlogsveterane se voorstel is dat Mugabe moet bedank en dit is `n grondwetlike manier om van hom ontslae te raak.

  • 15 November 2017 15:30

    Zanu-PF se oorlogsveterane het `n beroep op die Zimbabwe se regerende party gedoen om President Robert Mugabe te herroep. Dit kom te midde van wat die weermag noem , `n vreedsame oorname eerder as `n staatsgreep. Die oorlogsveterane se voorstel is dat Mugabe moet bedank en dit is `n grondwetlike manier om van hom ontslae te raak. President Jacob Zuma gaan intussen as voorsitter van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in die lig van die jongste verwikkelinge spesiale gesante na Zimbabwe en Angola stuur.

  • 15 November 2017 15:00

    Die DA het ook ‘n beroep op Mugabe gedoen om onmiddellik te bedank te midde van die politieke onrus in die land. ‘n Woordvoerder van die DA, Portia Adams, sê die party glo dat nuwe verkiesings in Zimbabwe so gou moontlik gehou moet word ten einde Zimbabwiërs die kans te gee om te besluit oor ‘n nuwe rigting vir die land. Adams sê die DA doen ook ‘n oproep op die Suid-Afrikaanse minister van Buitelandse Sake en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, om die land dringend in te lig oor die aard en omvang van die krisis in Zimbabwe, insluitende die stappe wat die regering van plan is om te neem. Sy sê ‘n oplossing moet gevind word wat nie net weer ‘n deur vir nog ‘n diktator oopmaak nie.

    Spektrum: Woensdag 15 November 2017

    ‘n Afrika-kenner, Professor Willie Breytenbach van die Universiteit Stellenbosch het ‘n oorsig van Mugabe se leierskap aan Spektrum gegee.

    Spektrum: Woensdag 15 November 2017

    Die politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood praat oor Zimbabwe se magsverandering en hoe dit Suid-Afrika kan raak.

  • 15 November 2017 14:00

    President Jacob Zuma gaan as voorsitter van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in die lig van die jongste verwikkelinge in Zimbabwe spesiale gesante na die land en Angola stuur . Die Minister van Verdediging en Militêre Veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula en die Minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo is op pad na Zimbabwe om samesprekings met president Robert Mugabe en die Zimbabwiese weermag te voer. Die twee minister sal ook na Angola gaan om president Joao Lourenco as voorsitter van SAOG se politieke liggaam in te lig. Zuma het vroeër vandag met Mugabe gepraat wat bevestig het dat hy in sy huis aangehou word. Suid-Afrika is ook in kontak met Zimbabwe se weermag.

  • 15 November 2017 13:00

    Die DA het ‘n oproep op president Robert Mugabe gedoen om onmiddellik te bedank te midde van die politieke onrus in Zimbabwe. ‘n Woordvoerder van die DA, Portia Adams, sê die party glo dat nuwe verkiesings in Zimbabwe so gou moontlik gehou moet word ten einde Zimbabwiërs die kans te gee om te besluit oor ‘n nuwe rigting vir die land. Adams sê die DA doen ook ‘n oproep op die Suid-Afrikaanse minister van Buitelandse Sake en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, om die land dringend in te lig oor die aard en omvang van die krisis in Zimbabwe, insluitende die stappe wat die regering van plan is om te neem. Sy sê ‘n oplossing moet gevind word wat nie net weer ‘n deur vir nog ‘n diktator oopmaak nie.

  • 15 November 2017 13:00

    Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap monitor ontwikkelinge in Zimbabwe en staan gereed om hulp te verleen in ooreenstemming met SAOG-protokols en prosesse. President Jacob Zuma het vroeër namens die SAOG sy kommer oor die gebeure uitgespreek en ‘n oproep om kalmte gedoen. Hy het die Zimbabwiese regering en Weermag aangemoedig om ‘n oplossing te vind vir die politieke dooiepunt en ook ‘n oproep gedoen op die Weermag om vrede en veiligheid in die land te handhaaf.

  • 15 November 2017 12:00

    President Jacob Zuma het ‘n oproep op die Zimbabwiese regering en Weermag gedoen om ‘n oplossing te vind vir die politieke dooiepunt. Hy het ook die Weermag aangemoedig om vrede en veiligheid in die land te handhaaf. President Zuma het namens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sy kommer oor die gebeure in Zimbabwe uitgespreek en ‘n oproep om kalmte gedoen. Die SAOG sal voortgaan om die situasie te monitor en staan gereed om hulp te verleen om die dooiepunt op te los in ooreenstemming met SAOG-protokols en prosesse.

  • 15 November 2017 12:00

    Kudzai Chipanga

    Vroeër is die Jeugligaleier van Zanu-PF in Zimbabwe, Kudzai Chipanga, in hegtenis geneem. Parlementspersoneel en polisiebeamptes wat die parlementsgebou in Harare bewaak, is in aanhouding. Die minister van Finansies, Ignatius Chombo, is ook in aanhouding. Daar is tans ‘n groot weermagteenwoordigheid regdeur Harare.

  • 15 November 2017 11:00

    Ignatius Chombo

    Die Jeugligaleier van Zanu-PF in Zimbabwe, Kudzai Chipanga, is in hegtenis geneem en parlementspersoneel en polisiebeamptes wat die parlementsgebou in Harare bewaak, is in aanhouding. Die minister van Finansies, Ignatius Chombo is ook vroeër in hegtenis geneem. Die Weermag monitor tans die Parlementsgronde en helikopters sirkel oor die gebied. Die Weermag het vroeg vanoggend in ‘n televisie-uitsending ontken dat daar ‘n staatsgreep is, en die versekering gegee dat President Robert Mugabe en sy gesin veilig is. Berigte dat hulle in huisarres is, is nog nie bevestig nie.

  • 15 November 2017 10:00

    Intussen het Brittanje, net soos Amerika, sy burgers en personeel in Zimbabwe gemaan om eerder vandag tuis te bly weens wat hy noem, die ongewone militêre bedrywighede in Harare. Buitelanders is gevra om versigtig te wees totdat die situasie in Zimbabwe duideliker word.

  • 15 November 2017 8:00

    Robert en Grace Mugabe

    Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe en sy familie is volgens onbevestige berigte onder huisarres in Harare. Geen verdere besonderhede is bekend nie. Intussen hou die weermag ook die minister van Finansies, Ignatius Chombo aan. Dit volg nadat soldate in die hoofstad Harare ontplooi is om volgens ‘n weermaggeneraal, misdadigers te soek wat moontlik maatskaplike en ekonomiese ontwrigting kan veroorsaak. Chombo was ‘n lid van Zanu-PF se G40-faksie wat die Presidentsvrou, Grace Mugabe steun. Die Zimbabwiese minister van Buitelandse Sake, Walter Mzembi, is blykbaar in Suid-Afrika om die regering in te lig oor die situasie in sy land. Amerika het reeds sy burgers en personeel in Zimbabwe gemaan om tuis te bly tot die huidige situasie duideliker word.

  • 15 November 2017 7:00

    Die Amerikaanse ambassade in Zimbabwe het sy burgers gevra om waaksaam te wees weens die voortgesette politieke onsekerheid in die land en bespiegelings van ‘n moontlike staatsgreep. Die ambassade sê op sy webwerf Amerikaners in Zimbabwe moet eerder tuis bly tot verdere kennisgewing. Soldate is in die hoofstad Harare ontplooi. ‘n Weermaggeneraal het vroeg vanoggend in ‘n regstreekse uitsending op staatstelevisie ontken dat daar ‘n staatsgreep is, en gesê hulle fokus op misdadige elemente wat die land kan ontwrig. Hulle het die versekering gegee dat president Robert Mugabe en sy familie veilig is en hul veiligheid gewaarborg word. Weermagvoertuie het gister in Harare aangekom wat berigte van ‘n moontlike staatsgreep laat opvlam het.

  • 14 November 2017 23:00

    Generaal Constantino Chiwenga

    Zimbabwe se regerende Zanu-PF het ‘n verklaring uitgereik na gerugte van militêre optrede en sê hy sal nooit toegee aan militêre druk nie. Verskeie gepantserde troepedraers is opgemerk toe hulle die hoofstad Harare binnegegaan het, wat gerugte van ‘n moontlike staatsgreep laat opvlam het. Zanu-PF het in sy verklaring die optrede van die land se weermaghoof, Constantino Chiwenga, bestempel as optrede wat op hoogverraad neerkom. Chiwenga het vroeër die party daarvan beskuldig dat hy binnegesypel is deur diegene wat teen die rewolusie is, en dit wil vernietig. Met verwysing na die afdanking van adjunkpresident Emmerson Mnangagwa, het Chiwenga aangevoer dat die party met ‘n suiweringsproses begin het wat konsentreer op militêre veterane. Mnangagwa se afdanking het die weg gebaan vir die President se vrou Grace om hom op te volg as leier. Volgens Zanu-PF se sekretaris vir Inligting, Simon Moyo, was Chiwenga se verklaring daarop gemik om die vrede en bestendigheid in die land te versteur.

  • 14 November 2017 23:00

    ‘n Politieke ontleder in Zimbabwe, Derek Matasha, het die situasie in die land intussen as ‘n dooiepunt bestempel.

  • 14 November 2017 21:00

    Die jongste oor die situasie in Zimbabwe is dat daar ‘n mediaverbod heers te midde van toenemende spanning en weermagtenks wat die hoofstad Harare binnegegaan het. Die mediaverbod is van krag sedert laasnag nadat die hoof van die Weermag, Constantino Chiwenga, op ‘n nuuskonferensie gesê het president Robert Mugabe se Zanu Pf-party is geïnfiltreer deur mense wat teen die rewolusie gekant is, en dit wil vernietig. Volgens hom is drastiese optrede nodig. Chiwenga het verwys na die afdanking van adjunkpresident Emmerson Mnangagwa , en aangevoer dat die party besig is met ‘n suiweringsproses wat meestal gerig is op militêre veterane. Sy afdankig het die weg gebaan vir die Presidentsvrou, Grace, om Mugabe as president op te volg. Volgens vroeërre berigte is minstens vier gepantserde troepedraers gesien wat die hoofstad binnegegaan het en vrese van ‘n moontlike staatsgreep verhoog het.

  • 14 November 2017 18:00

    Oud- adjunkpresident Emmerson Mnangagwa

    Die spanning in Zimbabwe is aan die toeneem met bewerings dat oorlogstenks in die hoofstad Harare opgemerk is. Volgens ‘n video op ‘n nuus webwerf met die naam ” The Zimbabwean, is oorlogstenks te sien wat van die Inkomobasis af op pad is na die hoofstad Harare. Volgens die nuusagentskap Reuters is vier tenks opgemerk op pad na die hoofstad terwyl nog twee buite die stad gestop het. Dit volg na gister se verklaring waarin die Hoof van die Weermag, generaal Constantino Chiwenga, gesê het hulle sal ingryp indien Zanu-PF voortgaan om van veterane ontslae te raak, oënskynlik met verwysing na die afdanking van adjunkpresident Emmerson Mnangagwa. Die leier van Zanu-PF se jeugbeweging, Kudzai Chiphanga, het vroeër gesê die Leër behoort in hulle basisse te bly

  • 14 November 2017 17:00

    Berigte van verhoogde spanning in Zimbabwe is aan die toeneem met bewerings dat oorlogstenks in die hoofstad Harare opgemerk is. Dit volg na gister se verklaring waarin die Hoof van die Weermag, generaal Constantino Chiwenga, gesê het hulle sal ingryp indien Zanu-PF voortgaan om van veterane ontslae te raak, oënskynlik met verwysing na die afdanking van adjunkpresident Emmerson Mnangagwa. Zanu-PF se jeugbeweging het vroeër die Leër aangesê om uit die politiek te bly.

    Die jeugleier, Kudzai Chiphanga, sê die Leër kyk selektief na die land se grondwet en moet in hul basisse bly. Hy sê hulle sal nie sit en toekyk hoe dreigemente teen ‘n wettig verkose regering gemaak word nie.