Die mense van die Triest opleidingsentrum kuier by RSG


Personeel en studente van die Triest Opleidingsentrum vir verstandelik gestremde volwassenes in Klerksdorp is Sondag Jacqui January se gaste in Leefwêreld van die Gestremde. Dié sentrum help met vaardigheids- en sosiale opleiding aan die inwoners en dagkliënte.

Kyk na die video van hoe Jacqui die personeel Johan Gerber en Nelmarie Grobler en drie van die inwoners, Mossa Radebe, Daphne van Rooyen en Janina Bronkhorst by die SAUK-ontvangs ontmoet, ateljee toe neem, onderhoude voer en weer afsien.

Luister Sondagmiddag 17:30 na Die Leefwêreld van die Gestremde.