Wetsontwerp om fluitjieblasers te beskerm


Maandag 13 November 2017

Die Vereniging van Gesertifiseerde Bedrog Eksaminators ondersteun die Beskermde Openbaarmakings-Wysigingswetsontwerp. Dit bied addisionele beskerming aan fluitjieblasers van bedrog en korrupsie. Die wysigings maak onder meer voorsiening vir beskermde openbaarmaking van ongerymdhede in die werksplek. Die vereniging se voorsitter, Jaco de Jager sê dit is veronderstel om ‘n kultuur van etiese nakoming te bevorder deur flutjieblasers teen burgerlike, strafregtelike of disiplinêre klagtes te beskerm.