Wie behoort ANC se nuwe president te wees?


Vrydag 15 Desember 2017

Die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, sê stemgeregtigdes wat aan ‘n opname deelgeneem het, verkies by verre adjunkpresident Cyril Ramaphosa wanneer hulle gevra word wie hulle dink die nuwe president van Suid-Afrika behoort te wees. Ipsos se direkteur vir openbare menings, Mari Harris, verduidelik die uitslag van die opname. Daarna neem die politieke ontleders, Melanie Verwoerd en prof. Susan Booysen, dít en die naweek se ANC-leierskapskonferensie in oënskou.