Het jy ‘n Onverwagse Krismisboks misgeloop?


Op Donderdag 24 Desember is Christo Davids se debuut-radiodrama, ‘n Onverwagse Krismisboks, gehoor. Dit is ‘n roerende drama wat die rol van ‘n afwesige pa op ‘n gesin ondersoek.

Luister hier indien jy dit misgeloop het.

Die bekroonde radiodrama-regisseur Margot Luyt het dit opgevoer.  Die spelers sluit in Ivan Abrahams, Kim Cloete en Dean Balie.