Grensskuiwers #8: Sangers en sangeresse, deel 2


Luister Sondagoggend tien uur in GRENSSKUIWERS (klassieke musiekreeks oor klassieke crossover musiek).

Dié week kan jy inskakel vir die tweede deel van internasionale klassieke crossover sangers en sangeresse, en daar is n heel paar verassings; soul legende Aretha Franklin sing, Nessun Dorma, Helmut Lotti laat waai met Sarie Marias en ‘n duet tussen Luciano Pavarotti en Bryan Adams met O Sole Mio, om net enkeles te noem.

GRENSSKUIWERS: Sondagoggend tien uur o.l.v. Esté Gross

1. Aretha Franklin
Die legende staan in vir Pavarotti by die 1998 Grammy’s – en sing Nessun Dorma in soulstyl…

2. Josh Groban
Hy is tans te sien in die musiekspel The Great Comet 1812. Die produksie spog met 12 Tony benoemings – insluitend beste akteur vir Josh Groban.

3. Katherine Jenkins
Die Walliese liriese mezzo-sopraan het n groot rol daarin gespeel om klassieke crossover gewild te maak.

4. Renée Fleming
Die Amerikaner is n bekroonde opera-sangeres, welbekend in die tradisionele klassieke kringe. Haar Indie -Rock-pop album Dark Hope verskyn in 2010

5. Helmut Lotti
Die Belgiese tenoor was eers ‘n Elvis-nabootser. Hy besluit in 1995 om ‘n reeks albums Helmut Lotti Goes Classical op te neem, en laat die geld inrol…

6. Sting
Stel die album Songs from the Labyrinth saam met luitspeler Edin Karamazov in 2006 vry. Die album bestaan uit ‘n keur van die Renaissance komponis John Dowland (1563-1626) se werk.

7. Bryan Adams en Pavarotti
Duet: O sole mio

8. Enya
Haar agste ateljee album Dark Sky Island verskyn (in 2015)
Luister na So I can find my way, ook die week op GRENSSKUIWERS.

GRENSSKUIWERS word uitgesaai op Sondagoggende 10vm. Die herhaling is Sondagoggend om 4vm.