Kom beleef (weer) ons Gesondheid en Styl buite-uitsending

Kom beleef (weer) ons Gesondheid en Styl buite-uitsending


Ons Gesondheid en Styl buite-uitsending by Thaba Eco Hotel was ‘n groot sukses. Meer as 250 luisteraars het dit bygewoon en saam met RSG se Mariëtta Kruger, Sue Pyler en Marí Hudson, aanbieder van Gesondheid op RSG, gekuier en aan die lippe gehang van ons baie spesiale gassprekers.

Kom kuier weer van voor-af saam met ons en ontmoet die sprekers en gaskunstenaars as jy nie self die buite-uitsending kon bywoon nie.

Dié video gee jou ‘n oorsigtelike kykie na die gebeure:

Mariëtta, Sue en Marí.

Mariëtta, Sue en Marí.

img_2088img_2092Ons het afgeskop met Brandon October (links) wat die gaste vermaak het. Brandon en Steffie le Roux (regs) het tussen die gesprekke met die gassprekers hul bekende liedjies gesing.

 

Die eerste gassspreker was mode-ontwerper Suzaan heyns. Sue Pyler het haar uitgevra oor die beste modestyle vir verskillende figure (kyk video hieronder.)

Luister hier na haar onderhoud.

img_2106

Mariëtta, Suzaan en Sue.

Die drie mediese gaste was die hartchirurg van Kaapstad dr. Susan Vosloo, wat bekend is vir haar hartoperasies op kinders, hartoorplantings en hartoperasies op volwassenes, die Gautengse kinder-hartchirurg dr. De Villiers Jonker, het met groot ervaring van Kanada teruggekeer en nou ‘n sterk hartchirurgie-eenheid in die Noorde gevestig, en een een van die land se voorste kenners van metaboliese siektes en oorgewig en prof. Tess van der Merwe, endokrinoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria en ook in private praktyk.

Luister na die skokfeite oor oorgewig wat Prof Tess van der Merwe bekend gemaak het.

Wat is prof. Tess van der Merwe se hoofboodskap in ‘n neutedop. Kyk na die video:

img_2091

Tess vd Merwe

Luister hier na die onderhoud met prof. Tess van der Merwe.

Na nog mooi klanke van Brandon en Steffi, was Dr Susan Vosloo en Dr Viljee Jonker aan die woord. Hulle het gesels oor aangebore hartdefekte by kinders en hoe dit reggemaak kan word.

Hier is die video van die hele gesprek met Dr Vosloo en Dr Jonker:

Luister hier na die onderhoud met Dr Susan Vosloo en dr Viljee Jonker oor hoe kinders met aangebore hartdefekte se defekte herstel word.

Dr Susan Vosloo se boodskap in ‘n neutedop:

Dr Viljee Jonker se boodskap in ‘n neutedop:

Die Thabo Eco restaurant het ‘n heerlike ontbyt voorgesit.

img_2057

img_2073‘n RSG-luisteraar, Marie  Hudson, wat saam met haar vriendinne die uitsending bygewoon het, het een nag se luukse akkommodasie, aandete, ontbyt, ‘n R500 spa-bewys en ‘n ekorit ter waarde van R5 500 gewen.

pryswenner

Marie by Magdaleen Kruger.

img_2097

Marie en haar vriendinne.

Die gaste het ná die uitsending met die gassprekers en gaskunstenaars gesels.

img_2109

img_2112

img_2108

 

Wat het Suzaan Heyns gesê oor die oggend:

Wat het Brandon gesê oor die oggend:

Kyk wat het die luisteraars ná die uitsending gesê het:

Kyk gerus hoe lyk dit by die Thaba Eco Hotel: http://thabahotel.co.za/