Donderdagaand: As is verbrande hout


Noord-Kaap

As is verbrande hout deur Janine van der Linde word op 10 Junie  om 20h00 op RSG uitgesaai.

STORIE

Hester,  haar dogter Lisa en kleinseun Kobus, vertrek op ‘n reis na ‘n plaas in die Noord Kaap waar hulle voorheen gewoon het. Dit was haar oorlede man se laaste versoek dat sy as daar gestrooi moet word. Hulle word vergesel deur ‘n wyse Nama vrou wat vroeër op die plaas gewerk het.

Die jare lange droogte op die plaas het verwoestende gevolge vir Hester en haar gesin gehad. Tydens die rit terug jare later, word veral Lisa weer gekonfronteer met gevoelens van wrewel en hartseer oor haar pa se optrede.

Die rit hou egter vele verrassings in en word ‘n reis van vergifnis en verlossing.

Die drama konsentreer veral op die verwoestende gevolge van droogte op boere en hulle families.

SPELERS

Susanne Beyers

Susanne Beyers vertolk die rol van” Hester”

Frieda van den Heever

en Frieda van den Heever is haar dogter “Lisa”.

Johann Nel

Johann Nel is haar oorlede man “Bokka” en

June van Merch speel “Saar”.

Wilhelm van der Wat

Wilhelm van der Walt vertolk die rol van “Kobus”, “Hester” se kleinseun.

TEGNIESE EN AKOESTIESE VERSORGING

Die produksie was tegnies uitdagend en Cassi Lowers was verantwoordelik vir die tegniese en akoestiese versorging. Die spelers het meeste van die byklanke self hanteer.

Van die musieksnitte is deur die skrywer self voorgestel en die res is gekies om daarby aan te pas.

Joanie Combrink

Die drama is in Kaapstad opgevoer onder regie van Joanie Combrink.

Stem vir radiodrama-opnames in Durban