Binne-in RSG se rugbykommentaarhokkie


Twee van ons rugbykommentators deel hul ervaring met die luisteraars, noudat regstreekse rugbykommentaar weer ‘n werklikheid is.

Pieter van der Berg skryf:
Van Pawiljoen na Kommentaarhokkie… rugby-uiterstes op sy beste!

Pieter in die kommentaarhokkie

Verlede Saterdag kuier ek saam met die rugby-ondersteuners in die biertuin, op die pawiljoen en in die bus… hierdie week is ek in RSG se kommentaarhokkie…. Twee wêrelde so wyd van mekaar verwyder dis byna ondenkbaar… raar maar waar!

Op die parkeer- en ry se busse… is daar die gedreunsang van almal oppie bus… ja almal… net enkeles ken mekaar… maar die bus het ons in sekondes pêlle  gemaak… vriende wat uit volle bors, shosaloza…. in stemme… en hier kom die bokke uit basein… die opwinding bou op… hier kom ‘n ding!!

Die stap deur die biertuin op soek na familie en vriende kry nuwe fokus…. ‘n bier en al die verskillende uitrustings trek die aandag… en almal is net happy!!!!

Op die pawiljoen ontspan en geniet ek saam… raas, gesels en kuier met passie… skreeu, doen die Meksikaanse Golf saam met die gillende en armswaaiende malgaan ondersteuners….

Byna almal is in Groen en Goud getooi in hierdie plofbare atmosfeer belaaide Stadion in Nelspruit… hoendervleis Lekkerrrr

Pieter op sy gelukkigste

Maar dis al te lekker hier… geen konsentrasie… oor wie het die bal, wat gebeur… watter reël word toegepas… en selfs my taalgebruik is deurspek met spreektaal, gil skreeu selfs engelse woorde… en onvoltooide frases… wow, great… hier kom dit… yes!! En ook is daar ‘n slukkie bier en ‘n lag saam met my vrou die lekkerte indrink en die oorwinning geniet!

Pawiljoenlekkertes… wat ‘n voorreg!

In die Kommentaarhokkie… finale voorbereidings en nagaan van spelers en statistiek, enige spanveranderinge, wie sing die volkslied en wat is die verloop voor die afskop, … ook die toets van mikrofone en byklanke… toets met die Ateljee of alles duidelik is en dan wag vir die oorskakeling…. Die adrenalien pomp… gaan alles goed verloop… is die energievlakke reg…

Dan die DAAI oomblik… “Dis tyd vir regstreeks rugbykommentaar op RSG… Suid-Afrika en Nieu-Seeland speel op Emirates Park in Johannesburg in die Kampioenskapsreeks teen mekaar… ons skakel nou oor na Pieter van den Berg en Jody Hendriks…”

Die byklanke bars in jou ore in…. die skare geraas is oorweldigend… en jy besef dis tyd… nou moet jy laat waai!! …

Konsentreer, konsentreer en nogmaal konsentreer …. Elke woord, elke sin, elke beskrywing moet sin maak… vir byna 2 ure aaneen…

Ons groet u van ‘n vol gepakte stadion in Johannesburg … ‘n pragtige gesig, ‘n heelike atmosfeer … baie welkom en ons vertrou die Bokke gaan weer vandag soos verlede week puik rugby opdis! Saam met my in die kommentaarhokkie…..

Die res van die kommentaar gaan oor die prentjie vir die luisteraar skets… waar is die spel op die veld, waste faset vind plaas,  wie dra die bal… wat doen hy…. Wat doen die teenstanders… gee die telling gereeld….

Hou die luisteraars so goed op hoogte as wat jy kan en ja skep gevoel, opwinding en ervaring met woorde en stemtoon…. En steeds konsentreer en hou die energievlakke hoog!

Dan na 110minute… “dit dan die finale uitslag….. dis Pieter van den Berg en Jody Hendriks, wat vir oulaas vandag groet van Emirates Park in Johannesburg en terugskakel na die ateljee in Aucklandpark…”

Kommentaarhokkie belewenis… Ook hoendervleis Lekkerrrr….  Maar min mense beskore!

Dankie Rugbykommentaar, RSG en ons Skepper vir ‘n wonderlike voorreg en diep dankbare ervaring!

Deon Schoeman skryf:

Deon Schoeman by die 6 Augustus wedstryd.

Dit was ‘n historiese dag hier in Mbombela, met die All Blacks wat vir die eerste keer in Nelspruit kom speel. Dit was ook die eerste keer in 4 jaar dat die All Blacks in Suid- Afrika was en wat ‘n groot voorreg om weer regstreeks te kan uitsaai vir ons gewaardeerde luisteraars.

Die atmosfeer was elektries, en dit bly ‘n kommentator se droom, waar hy alles kan waarneem wat voor hom gebeur en afspeel en dit kan oordra aan die luisteraar.

Die gereedskap is gereed.

Ek was ook die kommentator in 2018 op Loftus Versfelt toe die All Blacks ons in die doodsnikke kom klop het en die oorwinning vandag, maak dit net so bietjie meer soet en spesiaal.

Dit bly altyd ‘n besonderse voorreg om dit te kan doen wat ons doen.

Die wedstryd in Mbombela is aan die gang.

Die Laeveld het behoorlik bokkoors gehad in die week voor die toets en die plaaslike dorpe was ‘n see van groen.

Dit was ‘n besonderse dag vir my om ook ‘n klein rol te speel in die groot dag. Ek hoop van harte ons luisteraars kon deel en ervaar in die uitsending.

Vurige bokondersteuners Pieter en kie.

Pieter in sy groen en goud.