Brekfis met Derrich en Adelie se resepteboek is ‘n mooi boek


Die nuwe resepteboek Brekfis met Derrich en Adelie sal eersdaags op die rak wees. Dit is verlede naweek by Solms Delta bekend gestel.

Adelie Ludik en Derrich Gardner met die mooi nuwe resepteboek

Adelie Ludik en Derrich Gardner met die mooi nuwe resepteboek

Sover ons weet, is RSG se Brekfis met Derrich en Adelie-resepteboek die eerste ontbytresepteboek in Afrikaans. Dis baie mooi saamgestel, die foto’s van Derrich en die kos is ‘n kyk op sy eie werd en sjef Adelie Ludik van die Institute of Culinary Arts (ICA) buite Stellenbosch het die wonderlikste gewone en ongewone ontbytresepte bymekaargesit.  Die resepte is sorgvuldig gekies uit die afgelope drie jaar se Saterdagoggend ontbytresepte-insetsel met Derrich en Adelie in Brekfis met die Derrich .

Jy kan die boek nou bestel deur ‘n sms te stuur na 33234 .   Dis ook by boekwinkels beskikbaar.

Ontbyt gaan vir jou nooit weer dieselfde wees na hierdie ontbytresepteboek se resepte op die proef gestel het nie.

Ander redes om die boek aan te skaf?

  • Dalk een van die lekkerste en beste geskenke wat jy vir iemand kan gee;
  • Ontbyt kan mos nooit weer dieselfde wees na hierdie boek nie! Dis so uitstekend kreatief saamgestel;
  • Goed vir die gesin om nuut te dink en saam  kreatief in die vakansie en vir spesiale geleenthede nuwe ontbyte te beproef!
  • Die inhoud ( resepte en foto’s ) is so goed en mooi dat dit in elke huis ‘n staanplek moet kry.
IMG_1702

Die mooi omslag van die resepteboek Brekfis met Derrich en Adelie.

Hier is ‘n PDF van die boek-omslag.

IMG_1704

Die binneblaaie het mooi foto’s by elke resep

IMG_1705IMG_1706

Die inhoudsopgawe, bladsy 1

Die inhoudsopgawe, bladsy 1

Inhoudsopgawe2

Die inhoudsopgawe, bladsy 2

Inhoudsopgawe, bladsy 3

Inhoudsopgawe, bladsy 3

IMG_1698

Derrich Gardner (heel regs) by Letitia Prinsloo (middel), stigter en hoof van die Institute of Culinary Arts, die chefskool in Banhoek, Stellenbosch.

IMG_1699

Adelie Ludik (sittend, links) van die ICA, by die bekendstelling van die boek by Solms Delta.

Vir meer inligting oor die ICA, besoek http://www.icachef.co.za/index.php

 

Kategorieë