Die Verdwyning van Mina Afrika


Die middagvervolgverhaal Die Verdwyning van Mina Afrika ontlok groot en positiewe luisteraarsreaksie.

Hier is slegs enkele voorbeelde van die sms-boodskappe wat daagliks deur luisteraars gestuur word:

Mina1

Mina2
Mina3

Ontmoet Simoné Benjamin, die Bredasdorper wat die rol van Mina laat lewe.

Die verhaal
Op ‘n winterdag in 1945 ontferm ‘n kinderlose blanke egpaar, Sara en Erik de Graaff, hulle oor ‘n driejarige halwe weeskind – Mina Afrika. Hulle wil haar graag ‘n kans in die lewe gee, haar fyn opvoed.

 

Die boekomslag van Die Verdwyning van Mina Afrika

Die boekomslag van Die Verdwyning van Mina Afrika

Die wyse, bejaarde Tietser Meraai wat ‘n lewenslange verbintenis met die De Graaff-familie het, konfronteer Sara op ‘n dag en vra haar: “Vir watter wêreld wil jy Mina grootmaak?” want vir ‘n bruin plaaskind van die Vallei was daar beslis nie plek in ‘n wit huishouding nie. En Mina bemoedig sy deur te benadruk: “Sorg dat jy altyd jou kop hoog kan hou.”

 

Wanneer die onskuldige, beeldskone Mina egter deur die toedoen van ‘n ryk, arrogante witmanskind voel dat sy nie meer haar kop hoog kan hou nie, vlug sy weg van alles wat vir haar bekend en dierbaar is. Beleef sy eindelose vernedering in Groenpunt en trotseer sy lewensgevaar in Distrik Ses. Maar haar passie vir die lewe en haar geliefde Vallei lei haar oplaas terug op ‘n pad van versoening en herstel.

 

Die verdwyning van Mina Afrika was Zuretha Roos se debuutroman en is ‘n verhaal vol menslike deernis wat vir RSG verwerk is deur Eben Cruywagen, regisseur van die gewilde Katryn: Vrou van die Richtersveld, wat verlede jaar op RSG uitgesaai is. Die storie het ‘n sterk rolverdeling met onder andere Anrich Herbst, Susanne Beyers, Simone Benjamin, Frieda van den Heever, Shirley Ellis, Elanza Swart, Marvin-Lee Beukes, Jill Levenburg en Wessel Pretorius.

Luister van Dinsdag, 19 Mei, weeksmiddae om 14:45, na RSG se nuwe middagvervolgverhaal, Die verdwyning van Mina Afrika, wat deur Margot Luyt, bekroonde veteraanregisseur, in Kaapstad opgevoer word.

 

Luister hier na ‘n uittreksel uit die eerste episode.

In die ateljee, met die verwerkte teks

In die ateljee, met die verwerkte teks, onder wakende oog van Margot Luyt (regs) en Cassi Lowers (links, verantwoordelik vir die klank)

Kategorieë