Dis nou hope talent!


Sisca Julius (18) is pas aangewys as die Nasionale Wenner: Prosa en Poësie in die kreatiewe Poort-skryfkompetisie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Sisca Julius, jonk en talentvol

Sisca Julius, jonk en talentvol en eerste wenner ooit van beide afdelings vir Poësie en Prosa in die Poort-skryfkompetisie van die ATKV

Wat Sisca se prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat sy die eerste leerder in 45 jaar is wat in beide genres as nasionale wenner aangewys is. Hierdie kreatiewe jong skrywer was in 2013 én in 2014 ook die nasionale wenner van die prosa-afdeling van die Poort-skryfkompetisie.

Sisca het in SKRYWERS EN BOEKE van 23 Julie 2014 haar wen-inskrywing van die 2014 Poort-skryfkompetisie voorgelees (klik hier of op die klakgreep hieronder).

Onthou ook om op 13 Mei tussen 20h00 en 21h00 na SKRYWERS EN BOEKE te luister wanneer sy hierdie jaar se wen-inskrywings voorlees en met Ilse Salzwedel gesels oor haar skryfdrome.

 

Kategorieë