Bekroonde Droomwa: ons nuwe aand-boekvoorlesing


As jy iemand ken wat in graad 9 is en as jy ‘n onderwyser is, moet jy seker maak dat jy die woord versprei dat Barry Hough se bekroonde boek Droomwa tans op RSG voorgelees word. Droomwa is die voorgeskrewe boek vir graad 9-leerlinge in Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Die omslag van die boek Droomwa

Die omslag van die boek Droomwa

Kyk na ‘n video van die voorlesing.

Droomwa, wyle Barrie Hough se veelbekroonde jeugroman, word vanaf Junie op RSG voorgelees. Die boek handel oor Paul van Zyl, ‘n standerdvyfseun en die jongste van drie kinders, wat die afsterwe van sy pa moet verwerk en ook sy eie droom aangryp.
Dit is ‘n outobiografiese werk wat in 1990 met die Silwer Sanlam-prys vir jeuglektuur bekroon is asook die C.P. Hoogenhout-toekenning vir die beste Afrikaanse kinderboek in 1992 ontvang het. Dit deel die Alba Bouwer-prys vir kinderlektuur met Marietjie de Jongh se Braam en die engel.
Droomwa is ook later gekies vir die Proudly South African: 100 Representative Children’s Books-uitstalling.
Tans is Droomwa voorgeskryf vir graad 9-leerlinge in Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
Barrie Hough was ‘n joernalis en teaterskrywer wie se ander werke My kat word herfs, Breek en Skilpoppe insluit. Teen Augustus 2004 was Droomwa al twintig keer herdruk.
Die boek word deur die akteur De Klerk Oelofse voorgelees met Shirley Ellis as regisseur.
Dit word van Donderdag 25 Junie, elke weeksaand om 19:20 op RSG gehoor.

droomwa1

Bekroonde akteur De Klerk Oelofse, die voorleser

droomwa3

Die regisseur Shirley Ellis saam met die voorleser van Droomwa, De Klerk Oelofse.