Hartstories – die boek met goedvoelstories is hier


Hartstories_17_5mmspHARTSTORIES – SOOS GEHOOR OP TJAILATYD ….Amore vertel

Hartstories is ‘n samestelling van gewilde saamrybriewe wat ek die afgelope 5 jaar ontvang het van Tjailatyd-luisteraars. Dit is ervarings wat mense het terwyl hulle huis toe ry. Daar is stories van mense in taxi’s, mense wat vassit op die Ben Schoeman snelweg, die Helderberg se laaste vlug, iemand wat rylopers optel en ‘n gevangene wat wens hy kon “huistoe ry”.

Dit is hartstories oor ons mense, positiewe stories wat mens nie aldag hoor nie.   Dit is ware stories van mense wat probeer sin maak van hulle alledaagse bestaan. Hier is 97 voelgoed stories oor ons land, wat jou weer gaan hoop gee.

Kyk die video waar Amoré oor die boek gesels:

Hier is een van my gunsteling stories, sê Amoré:
“Ek wil graag n storie met jou deel wat gebeur het tydens die staking, ek dink die kinders verdien ‘n “medal” en voorblad nuus. Terwyl almal geloop en vure maak het in ons strate in Bonnievale, vuvuzellas geblaas en ge toi-toi het was daar n breek Donderdag middag so teen 17:00. Ek is gou Spar toe net om uit te vind dit was toe. Op pad sien ek twee tiener seuns in die straat op die hoek van Angora en Main Road. Ek sien toe hulle is besig met die rommel wat in die strate lê nadat die betogers daar bande en rommel gebrand het, en kon nie onmiddelik uitmaak wat hulle doen nie want ek kon sien hulle het nie amok gemaak nie. Op pad terug toe stop ek en sien toe daar is eintlik drie jong seuns, nie net meer twee nie, en vra toe vir hulle:  “Wat maak julle?” Die een sê: “Meneer ons maak skoon”. Ek was heel verbyster want dis amper op my voorstoep en die gedagte het nie eens deur my kop gegaan nie, die munisipaliteit sal dit mos doen dink ek by myself. Ek vra toe: “Word julle betaal?” Die een outjie sê: “Nee meneer” Nuuskurig om te hoor wat die motivering is, vra ek toe, “Nou hoekom doen julle dit?” Die seun sê toe: “Meneer….. ons bly ook mos hier” 

Hoop dis inspirasie vir almal en die hele Bonnievale gemeenskap. Ek hoop die word gepubliseer want dis n inspirasie selfs vir my gewees. Tien uit tien vir die jong manne wat omgee vir die gemeenskap en hoe hulle dorp lyk. Mag julle drietjies net die hoogste sport in die lewe bereik!”

 JJ – Bonnievale

* * * *

Koop Hartstories…huis toe met ‘n ligter tred (RSG Tjailatyd se jongste boek), lees die stories en jy sal sommer goed voel! Hartstories word uitgegee deur NB-uitgewers en is nou in boekwinkels beskikbaar vir R195. Dit is ook beskikbaar by amazon.com as e-boek, asook by Leserskring en takelot.com

Kategorieë