Lig wankelend: Lewe en liefde gevier in nuwe boekvoorlesing


lig wankelendOp 24 November 1949 kom Utte Reuter van Leipzig alleen in Kaapstad-hawe aan. Saam met haar dra sy twee pakkies briewe en ‘n digbundel van Rilke. Sy is hier om te trou met Christiaan Hofmeyr, die broer van haar penvriend, wat ‘n uitkoms bied van die verskrikking en nadraai van die Tweede Wereldoorlog. Maar gou verlang Utte huis toe, na ’n wêreld wat vir altyd vir haar vernietig is. In Suid-Afrika voel sy ontuis, in Europe is sy onthuis.

Reuter se lewensverhaal word vertel in Gerard Scholtz se roman Lig wankelend: Die wese van die liefde en lewe van Utte Reuter (uitgegee deur Queillerie). Dié boek word vanaf Dinsdag 16 November op RSG voorgelees. Dit sal elke aand om 19:20 gehoor word met Juanita Swanepoel as die leser.

Luister na ‘n klankgreep uit een van die voorlesings:

Utte se verhaal word vertel vanuit haar laaste tuiste: die kliniese wit kamer in die tehuis waar sy opgeneem is vir Alzheimers. Hier, in ‘n gestroopte ruimte, verlaat van al die mense om haar, sonder haar geliefde Rilke-boeke en briewe, dink sy terug aan liefde en die aard van haar lewe. Aan die swaels en walvisse en Tierkop, die lindeboom in die agtertuin van haar Leipzig-huis, die kombuis met die porselein-opwasbak, die plakpapier teen mure waar sy saans gelê en tel het tot sy aan die slaap raak. Sy dink aan Christiaan en haar seuns. En aan Félix wat altyd maar agter ‘n venster vir haar staan en wag…

Juanita Swanepoel lees die boek voor

Juanita Swanepoel lees die boek voor

 

Kategorieë